Teokratiese nuus
◼ Ons is verheug dat Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Swaziland nuwe verkondigerhoogtepunte vir Augustus 2007 gehad het. Botswana se nuwe verkondigerhoogtepunt van 1 719 verteenwoordig ’n vermeerdering van 15 persent. Lesotho het 3 378 verkondigers gerapporteer, ’n vermeerdering van 9 persent. Namibië het 1 545 verkondigers gerapporteer, ’n uitstekende vermeerdering van 22 persent! Suid-Afrika het vir die eerste keer meer as 80 000 verkondigers gehad, met ’n nuwe verkondigerhoogtepunt van 81 501, terwyl Swaziland ’n nuwe verkondigerhoogtepunt van 2 579 gehad het, ’n vermeerdering van 13 persent.
Die organisasie waardeer werklik die harde werk van al die verkondigers in die veld. Dankie dat julle elke maand julle velddiensrapporte betyds ingee. Dit stel julle sekretaris in staat om ’n volledige gemeenterapport na die takkantoor te stuur.