Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/08 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Januarie
  • Week wat begin met 21 Januarie
  • Week wat begin met 28 Januarie
  • Week wat begin met 4 Februarie
Ons Koninkryksbediening—2008
km 1/08 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 Januarie

Lied 41

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Januarie en die Ontwaak! van Januarie aangebied kan word.

15 min: “Benut jou tyd in die bediening ten beste.”a Voer ’n onderhoud met ’n broer wat die groep vir velddiens op ’n voorbeeldige manier uitneem. Wat doen hy om voor te berei om die groep uit te neem en die tyd wat in die bediening bestee word ten beste te benut?

20 min: “Laat julle woorde altyd smaaklik gemaak wees met sout.”b Lees Johannes 4:7-15, 39 wanneer paragraaf 2 bespreek word.

Lied 85

Week wat begin met 21 Januarie

Lied 215

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld die lektuuraanbod vir Februarie, en reël dat een aanbieding gedemonstreer word. Spoor almal aan om na die video Transfusion-Alternative Health Care—Meeting Patient Needs and Rights te kyk ter voorbereiding vir die bespreking wat die week van 4 Februarie tydens die Diensvergadering gehou sal word.

10 min: Gebruik jy Ondersoek die Skrif elke dag? Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op die voorwoord van Ondersoek die Skrif elke dag—2008. Bespreek die nut daarvan om elke dag tyd in te ruim om die Bybelteks en kommentaar te hersien. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hulle roetine om die teks te bespreek en hoe hulle daarby baat gevind het. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word. Vestig kortliks die aandag op die jaarteks vir 2008.

25 min: “Getuig deeglik van die goeie nuus.”c (Par. 1-10) Moet deur die diensopsiener behartig word. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat gedurende die afgelope jaar hulppionierdiens gedoen het ondanks ’n besige rooster of fisiese gebreke. Hoe het hulle dit reggekry? Watter vreugdes het hulle gesmaak? Wanneer paragraaf 7 bespreek word, moet die rooster vir velddiensvergaderinge gedurende Maart, April en Mei uiteengesit word.

Lied 177

Week wat begin met 28 Januarie

Lied 52

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Januarie in te gee. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Februarie en die Ontwaak! van Februarie. Gee ’n kort oorsig van elke nommer, en vra die gehoor dan watter artikels by mense in die gebied byval sal vind, en waarom. Nooi gehoor om spesifieke gedagtes te meld in artikels wat hulle in hulle aanbiedings wil gebruik. Watter vraag kan gevra word om ’n gesprek te begin? Watter teks in die artikel kan dan gelees word? Hoe kan jy toon wat die verband tussen die teks en die artikel is? Gebruik die voorgestelde aanbiedings op bladsy 8 om te demonstreer hoe elke tydskrif aangebied kan word.

20 min: “Getuig deeglik van die goeie nuus.”d (Par. 11-17) As die spesiale Gedenkmaaluitnodigings beskikbaar is, moet ’n eksemplaar vir elkeen in die gehoor gegee word wanneer paragraaf 14 bespreek word. Sit die plaaslike reëlings vir die dekking van die gebied uiteen.

15 min: “Help Bybelstudente om verkondigers van die goeie nuus van die Koninkryk te word.”e Nooi gehoor na gelang van die tyd om oor die teksverwysings kommentaar te lewer.

Lied 22

Week wat begin met 4 Februarie

Lied 161

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek die Vraebus.

10 min: Plaaslike behoeftes.

25 min: “Stel jy dit uit?” Moet deur ’n ouer man behartig word. Begin dadelik met ’n gehoorbespreking van die Patient Needs and Rights-video deur die vrae te gebruik wat in die artikel voorsien is. Sluit af deur die laaste paragraaf te lees en almal aan te spoor om die artikels in Die Wagtoring en Ons Koninkryksbediening wat aangegee word, sorgvuldig te hersien. Verduidelik hoe almal wat dit nog nie gedoen het nie, die nuttige werkblaaie in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2007 kan gebruik om persoonlike besluite oor bloedfraksies en mediese prosedures te neem en hulle keuses dan op hulle DPA-kaart te skryf. Diegene wat reeds ’n DPA-kaart ingevul het, sal dalk hulle vorige keuses wil hersien en, indien nodig, ’n nuwe kaart wil invul.

Lied 4

[Voetnotes]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel