Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/09 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 10/09 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 26 Oktober 2009 by die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.

1. Waarom het Jehovah se toorn teen Bileam ontvlam toe hy saam met Balak se manne gegaan het, as Jehovah vir Bileam gesê het dat hy saam met hulle moet gaan? (Num. 22:20-22). [w04-AF 8/1 bl. 27 par. 2]

2. Hoe help die feit dat Pinehas ‘geen mededinging teen Jehovah geduld’ het nie, ons om oor ons toewyding aan God te peins? (Num. 25:11). [w95-AF 3/1 bl. 16 par. 13]

3. Waarom is Josua as Moses se opvolger gekies? (Num. 27:15-19). [w02-AF 12/1 bl. 12 par. 1]

4. Hoe kan Numeri 31:27 Christene van vandag aanmoedig? [w05-AF 3/15 bl. 24]

5. In watter opsigte het die reëling van die vrystede die volk in Israel tot voordeel gestrek? (Num. 35:11, 12). [w95-AF 11/15 bl. 14 par. 17]

6. Waarom is oordeelkundigheid ’n belangrike Christelike eienskap, en wat spruit daaruit voort? (Deut. 1:13). [w03-AF 1/15 bl. 30; w00-AF 10/1 bl. 32 par. 1-3]

7. In watter opsigte het die Mosaïese Wet God se regverdigheid geopenbaar? (Deut. 4:8). [w02-AF 6/1 bl. 14 par. 8–bl. 15 par. 10]

8. Verduidelik wat die regte en die verkeerde manier is om Jehovah op die proef te stel, in ooreenstemming met Deuteronomium 6:16-18. [w04-AF 9/15 bl. 27 par. 1]

9. Hoe het Jehovah se woorde in die Israeliete se behoeftes voorsien, en hoe kan daardie woorde ons vandag voed? (Deut. 8:3). [w99-AF 8/15 bl. 25-26]

10. Hoe raak Deuteronomium 12:16, 24 ons beskouing van mediese prosedures waarin jou eie bloed gebruik word? [w00-AF 10/15 bl. 30 par. 7]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel