Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/09 bl. 4
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 12/09 bl. 4

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. As daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik? Februarie: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik?

◼ Die Gedenkmaal vir 2011 sal Sondag 17 April, na sononder, gehou word. Ons stel die broers vooraf hiervan in kennis sodat hulle die nodige besprekings kan doen of kontrakte kan aangaan om ’n saal te huur indien ’n hele paar gemeentes die Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry.

◼ Gedenkmaaluitnodigings vir 2010 in die hooftaal van elke gemeente sal binnekort gestuur word. As ander tale in julle gebied gepraat word en julle ’n voorraad uitnodigings in daardie tale wil hê, moet julle dit so gou moontlik op die Literature Request Form (S-14) aanvra. Daar is ’n lys van die tale waarin Gedenkmaaluitnodigings beskikbaar is in die lektuurnuusbrief van 1 November 2009.

◼ Vier Koninkryksale is in onlangse maande toegewy. Ons is saam met die gemeentes in Kwamusi (Mpumalanga), Ndevana en Peelton (naby King William’s Town) en Tsumeb (Namibië) verheug dat hulle hulle nuwe Koninkryksaal in die aanbidding van Jehovah kan gebruik.

◼ Vanaf September 2010 sal al die streekbyeenkomste wat onder die Suid-Afrikaanse takkantoor val, gedurende September en Oktober gehou word. Datums en plekke sal verstrek word sodra reëlings gefinaliseer is. Desember sal vir kringbyeenkomste en spesiale byeenkomsdae gebruik word. Die ontoegekendegebied-kampanje vir 2010 is verskuif na Maart, April en Mei 2011.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel