Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? of Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik? Probeer om Bybelstudies te begin wanneer die publikasie by mense gelaat word of as daar reeds ’n eksemplaar in die huis is. April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Die Wagtoring en Ons Koninkryksbediening in die plaaslike tale sal vanaf Februarie die nommers van liedere vir die nuwe sowel as die ou liedereboeke aangee. Die nommers van die liedere vir die ou liedereboek sal tussen hakies verskyn totdat die nuwe liedereboek beskikbaar is.
◼ “Ware vrede en veiligheid—Wanneer?” (Nr. 176) sal die tema van die spesiale openbare toespraak vir die 2010-Gedenkmaalseisoen wees. Sien die verwante aankondiging in Ons Koninkryksbediening vir September 2009.