Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik? Julie: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente dalk in voorraad het.
◼ Gedurende die weke van die streekbyeenkoms, kringbyeenkoms en spesiale byeenkomsdag sal die gemeente nie die Gemeentelike Bybelstudie, die Teokratiese Bedieningskool en die Diensvergadering hê nie. Daarom spoor ons almal aan om die materiaal vir hierdie drie vergaderinge self deur te gaan, soos tydens julle aand vir Gesinsaanbidding.
◼ Nog sewe Koninkryksale is onlangs toegewy: Daku (Port Elizabeth), Frischgewaagd (Groblersdal), Mapumulo (naby Stanger), Mzingazi (naby Richardsbaai), Mketengeni (Flagstaff), Somopho (Empangeni) en Tembisa-Sentraal (Johannesburg).