Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 26 April 2010 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 1 Maart tot 26 April 2010.
1. Wat het Naomi bedoel met die woorde “dit [is] Jehovah . . . wat my verneder het en die Almagtige wat rampspoed oor my gebring het”? (Rut 1:21). [w05 3/1 bl. 27 par. 1]
2. Watter eienskappe het van Rut “’n voortreflike vrou” gemaak? (Rut 3:11). [w05 3/1 bl. 28 par. 7]
3. Hoe is Elkana se vrou versterk deur sy woorde: “Is ek nie vir jou beter as tien seuns nie?” (1 Sam. 1:8). [w90 3/15 bl. 27 par. 5-6]
4. Waarom was dit verkeerd van Israel om ’n koning te vra? (1 Sam. 8:5). [w05 9/15 bl. 20 par. 17; it-2-E bl. 163 par. 1]
5. Hoe het Samuel, toe hy “oud en grys geword” het, ’n goeie voorbeeld gestel deur vir ander te bid, en wat toon dit? (1 Sam. 12:2, 23). [w07 6/1 bl. 29 par. 14-15]
6. Waarom het Saul aan die Keniete guns betoon? (1 Sam. 15:6). [w05 3/15 bl. 22 par. 10]
7. Wat het aanleiding gegee tot Saul se vraag aan Dawid: “Wie se seun is jy, jong man?” (1 Sam. 17:58). [w07 8/1 bl. 31 par. 3, 5]
8. Wat kan ons leer uit die manier waarop Dawid ’n ernstige probleem in Gat die hoof gebied het? (1 Sam. 21:12, 13). [w05 3/15 bl. 24 par. 4]
9. Hoe het Jonatan sy liefde en nederigheid getoon toe dit nodig was om sy vriend Dawid te ondersteun en aan te moedig? (1 Sam. 23:17). [lv bl. 28 par. 10, vtn.]
10. Watter les leer ons uit Saul se ontmoeting met die heks van En-Dor? (1 Sam. 28:8-19). [w05 3/15 bl. 24 par. 7]