Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/10 bl. 2
  • Christenbedienaars moet bid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Christenbedienaars moet bid
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Bid vir mekaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Kom na aan God deur gebed
    Wat vereis God van ons?
  • Kom nader aan God deur gebed
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 5/10 bl. 2

Christenbedienaars moet bid

1. Wat is nodig om ons bediening te volbring?

1 Ons kan die bediening nie op ons eie volbring nie. Jehovah gee ons krag om die werk te doen (Fil. 4:13). Hy gebruik sy engele om ons te help om skaapgeaardes te vind (Op. 14:6, 7). Dit is Jehovah wat saadjies van waarheid wat ons plant en natgooi, laat groei (1 Kor. 3:6, 9). Hoe belangrik is dit tog vir Christenbedienaars om op ons hemelse Vader te vertrou in gebed!

2. Wat is ’n paar dinge waarvoor ons kan bid?

2 Vir onsself: Ons moet bid elke keer dat ons preek (Ef. 6:18). Wat is ’n paar dinge waarvoor ons kan bid? Ons kan bid vir ’n positiewe gesindheid teenoor ons gebied en vir vrymoedigheid (Hand. 4:29). Ons kan Jehovah vra om ons te lei na regskapenes met wie ons die Bybel kan studeer. As die huisbewoner ons ’n vraag vra, kan ons ’n kort, stille gebed doen en Jehovah vra om ons te help om ’n goeie antwoord te gee (Neh. 2:4). Ons kan ook vra vir wysheid om die bediening altyd eerste in ons lewe te stel (Jak. 1:5). Daarbenewens maak dit Jehovah bly wanneer ons ook dank uitspreek vir die voorreg om sy bedienaars te wees.—Kol. 3:15.

3. Hoe bevorder ons gebede vir ander die predikingswerk?

3 Vir ander: Ons moet ook “bid vir mekaar” en selfs medebedienaars by name noem wanneer dit gepas is (Jak. 5:16; Hand. 12:5). Beperk swak gesondheid hoeveel jy in die predikingswerk kan doen? Bid dan vir medebedienaars wat goeie gesondheid geniet. Moet nooit die krag van jou gebede vir hulle onderskat nie! Dit is ook gepas om te bid dat die owerhede gunstiggesind sal wees teenoor die predikingswerk sodat ons broers “kan voortgaan om ’n kalm en stil lewe . . . te lei”.—1 Tim. 2:1, 2. 

4. Waarom moet ons volhou met gebed?

4 Dit is ’n ontsaglike taak om die goeie nuus in die hele bewoonde aarde te verkondig. As ons ‘volhou met gebed’, sal ons die werk met Jehovah se hulp volbring.—Rom. 12:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel