Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir November: Die Bybel—Wat is die boodskap daarin? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik? Februarie: Die geheim van gesinsgeluk.
◼ Julle sal bly wees om te weet dat 12 nuwe Koninkryksale in onlangse maande toegewy is. KwaZulu-Natal: Amaoti, Dannhauser, Inanda Glebe, Khula, Mandlazini Agri-Village, Mondlo-Sentraal, Mondlo-Noord en Ntuzuma-Suid. Lesotho: Maseru Leqele en Thetsane. Namibië: Otavi en Windhoek-Portugees. Mooi so, almal wat aan hierdie projekte deelgeneem het!