Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Maart: Wat leer die Bybel werklik? April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik?
◼ Die videoprogram Jehovah’s Witnesses—Organized to Share the Good News sal in Augustus by ’n Diensvergadering bespreek word. Indien nodig, moet eksemplare daarvan so gou moontlik deur die gemeente aangevra word.
◼ Kan jy in Namibië dien, waar baie hulp nodig is? Weens ’n hoë werkloosheidsyfer is die Namibiese regering tans onwillig om buitelanders in die land toe te laat. Is jy, jou ouers of grootouers in Namibië gebore? Het jy afgetree en is jy finansieel onafhanklik? Oorweeg dit asseblief om na Namibië te verhuis om daar te help! Vir meer inligting kan jy met die Diensafdeling in verbinding tree.
◼ Ons is bly om aan te kondig dat tien gemeentes onlangs die toewyding van ’n nuwe Koninkryksaal geniet het. Gauteng: Jameson Park (Heidelberg) en Olivedale (Johannesburg). KwaZulu-Natal: Dassenhoek-Wes, Durban-Malvern, Empangeni-Sentraal, Ethaleni, Marianhill-Wes, Shaka’s Kraal, Sundumbli-Oos en Qakwini.