Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/11 bl. 1
  • Bewaar jou diensvoorreg as ’n skat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bewaar jou diensvoorreg as ’n skat
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Die predikingswerk—’n eervolle voorreg
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Die Koninkrykspredikingswerk—’n kosbare voorreg
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Voer jy jou bediening ten volle uit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Toevertrou met ’n skat
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 9/11 bl. 1

Bewaar jou diensvoorreg as ’n skat

1. Hoe beskou baie in die wêreld ons predikingswerk?

1 Baie in Satan se wêreld beskou ons predikingswerk as “dwaasheid” (1 Kor. 1:18-21). As ons nie versigtig is nie, kan hierdie verdraaide beskouing ontmoediging veroorsaak en ons ywer laat afneem (Spr. 24:10; Jes. 5:20). Watter redes is daar om ons voorreg om Jehovah se Getuies te wees, as ’n skat te bewaar?—Jes. 43:10.

2. Waarom kan die bediening ’n “heilige werk” genoem word?

2 ’n “Heilige werk”: Die apostel Paulus het die bediening ’n “heilige werk” genoem (Rom. 15:15, 16). In watter sin is die bediening ’n “heilige werk”? As ons aan hierdie werk deelneem, maak dit ons “medewerkers” van “die Heilige”, Jehovah, en dra ons by tot die heiliging van sy naam (1 Kor. 3:9; 1 Pet. 1:15). Jehovah beskou ons predikingswerk as “’n lofoffer”, en daarom is die bediening ’n noodsaaklike deel van ons aanbidding.—Heb. 13:15.

3. Wat maak die verkondiging van die goeie nuus ’n groot eer?

3 Om die goeie nuus te verkondig, is ’n groot eer wat betreklik min mense geniet. Die engele sou met graagte hierdie toewysing behartig en sou dit ongetwyfeld baie goed uitvoer (1 Pet. 1:12). Maar Jehovah het gekies om hierdie ontsaglike voorreg vir onvolmaakte mense, “erdehouers”, te gee!—2 Kor. 4:7.

4. Hoe kan ons toon dat ons die bediening as ’n skat bewaar?

4 ’n Prioriteit: Omdat ons ons voorreg werklik as ’n skat bewaar, beskou ons die bediening as een van “die belangriker dinge” in ons lewe (Fil. 1:10). Derhalwe sit ons elke week tyd opsy om daaraan deel te neem. ’n Musikant wat sy voorreg om in ’n wêreldberoemde orkes te speel, hoog op prys stel, sal vir elke uitvoering voorberei en hom daarop toelê om sy vaardigheid te ontwikkel. So ook sal ons voorberei voordat ons in die bediening uitgaan sodat ons “die woord van die waarheid reg [kan] hanteer”, en ons sal ons daarop toelê om ons “onderrigkuns” te verbeter.—2 Tim. 2:15; 4:2.

5. Wie waardeer ons bediening?

5 Moenie toelaat dat die beskouing van die meeste mense jou ontmoedig nie. Onthou dat daar nog baie mense in ons gebied is wat ons besoeke waardeer. Maar ons probeer nie mense se goedkeuring kry nie. Van baie groter belang is hoe Jehovah voel, en hy stel ons ywerige pogings hoog op prys.—Jes. 52:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel