Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Wat leer die Bybel werklik? Oktober en November: Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, bied die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan en probeer ’n Bybelstudie begin. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders in die huis is, kan Leer by die Groot Onderwyser of My boek met Bybelverhale aangebied word.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die Gedenkmaalseisoen van 2012 sal gedurende die week van 2 April gelewer word. Die tema van die toespraak sal later aangekondig word. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor die Gedenkmaal hou nie.
◼ Verkondigers wat gedurende Maart 2012 hulppionierdiens doen, sal die opsie hê om 30 of 50 uur vir die maand te werk. En as die kringopsiener die gemeente in Maart besoek, word almal wat as hulppioniers dien, hetsy hulle 30 of 50 uur gaan werk, genooi om die hele vergadering by te woon wat die kringopsiener met die gewone pioniers hou.
◼ In September het kringopsieners die openbare toespraak “Word met God se gelukkige volk verenig” begin hou.
◼ Neem asseblief kennis van die veranderinge in verband met die volgende streekbyeenkomste:
23-25 September:
Phalaborwa (Tsonga) Mopani FET-kollege, Sir Val Duncan-kampus, Namakgale (nuwe byeenkomsplek)
7-9 Oktober:
Kanyamazane, (Zulu) Laeveld-skouterrein (nuwe datum)
7-9 Oktober:
Hlotse (Suid-Sotho) Pitso House, Butha-Buthestraat (nuwe byeenkomsplek)
◼ Ons is bly om aan te kondig dat ses Koninkryksale onlangs toegewy is. Vrystaat: Clocolan. Gauteng: Katjibane. Limpopo: Giyani-sentraal en Mahlathi. Mpumalanga: Thulamahashe en Mphato.