Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Die geheim van gesinsgeluk. Maart: Wat leer die Bybel werklik? April: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het. Mei: Die Wagtoring en Ontwaak!
◼ Die spesiale toespraak sal die naweek ná die Gedenkmaal gehou word, en die tema daarvan is: “Is dit later as wat jy dink?”
◼ Wanneer persoonlike reisplanne ’n besoek aan ’n land insluit wat nie afsonderlik in die nuutste diensjaarrapport verskyn nie en waarvan die adres nie op die laaste bladsy van die jongste Jaarboek verskyn nie, moet jy asseblief met julle takkantoor in verbinding tree om vas te stel watter voorsorgmaatreëls of spesiale instruksies gevolg moet word. Daar is dalk sekere beperkings op die Koninkrykswerk in daardie gebied (Matt. 10:16). Dit is in party lande dalk nie raadsaam vir besoekers om met die plaaslike Getuies of gemeentes in verbinding te tree nie. Ander riglyne sal dalk voorsien word wat informele getuieniswerk en die saamneem van lektuur betref. Jou samewerking met die riglyne wat voorsien is, sal onnodige probleme vir jou en vir die Koninkrykswerk voorkom.—1 Kor. 14:33, 40.
◼ Ons is bly om aan te kondig dat nog drie Koninkryksale toegewy is. Die Eerstegeluk- en Madibong-gemeentes in Limpopo en die Ebony Park-gemeente in Midrand het onlangs hierdie vreugdevolle geleentheid geniet.