Rooster vir die week van 26 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 26 MAART
Lied 92 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 18 ¶12-18 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Jeremia 12-16 (10 min.)
Nr. 1: Jeremia 13:1-14 (4 min. of minder)
Nr. 2: Wie moet tydens die Here se Aandmaal die embleme gebruik?—rs bl. 142 ¶2-3 (5 min.)
Nr. 3: Hoe dikwels moet die Gedenkmaal gehou word, en wanneer?—rs bl. 143 ¶2-3 (5 min.)
□ Diensvergadering:
5 min: Aankondigings. Sê vir die gemeente hoeveel gebied nog met die Gedenkmaaluitnodigings gedek moet word.
10 min: Moenie gasvryheid vergeet nie (Heb. 13:1, 2). Toespraak deur ’n ouer man. Bespreek plaaslike reëlings vir die Gedenkmaal. Gee wenke oor hoe almal gasvryheid kan betoon aan besoekers en onbedrywige verkondigers wat dit bywoon. Reël ’n kort demonstrasie wat uit twee dele bestaan. Laat ’n verkondiger voor die program iemand verwelkom wat ’n uitnodiging gedurende die kampanje ontvang het. Dan moet die verkondiger ná die program reëlings tref om die besoeker se belangstelling verder te ontwikkel.
20 min: “The Wonders of Creation Reveal God’s Glory.” Vrae en antwoorde. Gebruik die inligting in die eerste en die laaste paragraaf vir ’n kort inleiding en slot. Nooi die gehoor om te vertel hoe hulle by hierdie video baat gevind het. Bespreek maniere waarop hierdie video in die bediening gebruik kan word.
Lied 110 en gebed