Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het. September en Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Wanneer jy herbesoeke doen, kan jy die Leer Bybel-boek aanbied, of as dit meer gepas is die brosjure Luister na God en lewe vir ewig. November: Bied die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan of enige traktaat wat die gemeente in voorraad het. Waar belangstelling getoon word, moet ’n Bybelstudie gedemonstreer word in die Leer Bybel-boek of die brosjure Luister na God en lewe vir ewig.
◼ Vanaf September sal die kringopsieners die openbare toespraak hou met die tema “Wandel met God en geniet seëninge—nou en vir ewig”.
◼ Die volgende 15 gemeentes was bly om hulle Koninkryksale aan Jehovah toe te wy. Botswana: Etsha. Oos-Kaap: Holela, Jeffreysbaai, Onder-Kroza, Ntilini, Ntlabane, Percy, Scenery Park. Gauteng: Soshanguve-Sentraal. KwaZulu-Natal: Wyebank. Mpumalanga: Clau-Clau, Matsulu-Noord, Mluti en Ngodini. Limpopo: Regorogile.