Rooster vir die week van 3 September
WEEK WAT BEGIN MET 3 SEPTEMBER
Lied 6 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 26 ¶1-8, venster op bl. 204 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Esegiël 39-41 (10 min.)
Nr. 1: Esegiël 40:17-31 (4 min. of minder)
Nr. 2: Hoe kan ons oë ons mislei?—Gen. 3:2-6 (5 min.)
Nr. 3: Beteken neutraliteit dat Christene nie in die welsyn van hulle naaste belangstel nie?—rs bl. 304 ¶1 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Hoe om met huisbewoners te redeneer—Deel 2. Bespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, vanaf bladsy 253, paragraaf 3 tot die einde van bladsy 254. Demonstreer kortliks een of twee van die gedagtes in die materiaal.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Idees om die tydskrifte in September aan te bied. Bespreking. Gebruik 30 tot 60 sekondes om te vertel waarom die tydskrifte in julle gebied byval sal vind. Nooi die gehoor dan om ’n gedagteprikkelende vraag oor die voorbladreeks van Die Wagtoring voor te stel, en vra daarna voorstelle oor watter teks gelees kan word. Doen dieselfde met die voorbladreeks van die Ontwaak! en, as daar genoeg tyd is, met nog ’n artikel in een van die twee tydskrifte. Demonstreer hoe elke nommer aangebied kan word.
Lied 34 en gebed