Velddiensglanspunte
Al die lande onder die toesig van die Suid-Afrikaanse takkantoor het gedurende Maart hard gewerk in Jehovah se diens. Altesaam 23 553 verkondigers het aan die hulppionierdiens deelgeneem. Namibië het ’n nuwe hoogtepunt van 718 hulppioniers gehad. Die volgende nuwe hoogtepunte in Bybelstudies is gerapporteer: Botswana 4 178, Namibië 4 010 en Suid-Afrika 131 165. Botswana het ’n nuwe verkondigerhoogtepunt van 2 121 gerapporteer! Dit verskaf ons groot vreugde om te sien dat Jehovah se volk hulle “intensief met die woord . . . besig hou”.—Hand. 18:5.