Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Wanneer jy herbesoeke doen, kan jy die Leer Bybel-boek aanbied, of as dit meer gepas is die brosjure Luister na God en lewe vir ewig. November en Desember: Bied die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan of enige traktaat wat die gemeente in voorraad het. Waar belangstelling getoon word, moet ’n Bybelstudie gedemonstreer word in die Leer Bybel-boek of die brosjure Luister na God en lewe vir ewig. Januarie en Februarie: Bied een van die volgende brosjures met 32 bladsye aan: Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?, Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? Wanneer jy herbesoeke doen, moet jy ’n Bybelstudie probeer begin in die Leer Bybel-boek, of as dit meer gepas is in die brosjure Luister na God en lewe vir ewig.