Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Maart en April: Die Wagtoring en Ontwaak! Mei en Junie: Wat leer die Bybel werklik? of een van die volgende traktate: Hoe beskou jy die Bybel?, Hoe beskou jy die toekoms?, Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?, Wie is werklik in beheer van die wêreld? of Sal lyding ooit tot ’n einde kom?
◼ Die Gedenkmaal sal op Maandag 14 April 2014 gehou word. As julle gemeente gewoonlik op ’n Maandag ’n vergadering het, moet dit na ’n ander dag van die week verskuif word, as die Koninkryksaal beskikbaar is. As die Diensvergadering gekanselleer moet word, kan die koördineerder van die liggaam van ouer manne die rooster aanpas sodat dele wat veral op julle gemeente van toepassing is, gedurende die maand bespreek word.
◼ Die tema van die openbare toespraak wat die kringopsiener gedurende die tweede helfte van die 2014-diensjaar sal hou, is “Verlossing van wêreldbenoudheid”.
◼ Ons is bly om aan te kondig dat 13 gemeentes hulle nuwe Koninkryksaal toegewy het. Oos-Kaap: Ibika. Gauteng: Clayville, Eldoraigne, Ivoorpark-Wes, Kwatsaduza, Montana, Soshanguve Boikhutsong. KwaZulu-Natal: Acaciavale, Burford, Osizweni-Sentraal. Mpumalanga: Kwazanele, Lillydale, Nsikazi-Suid.