Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/14 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2014
Ons Koninkryksbediening—2014
km 8/14 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 25 Augustus 2014, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.

  1. Hoe kan Levitikus 18:3 ons help om nie ’n verdraaide sin vir reg en verkeerd te ontwikkel nie? (Ef. 4:17-19). [7 Jul., w02 2/1 bl. 29 par. 4]

  2. Wat leer die opdrag in Levitikus 19:2 ons, en waarom moet ons daarna streef om dit te gehoorsaam? [7 Jul., w09 7/1 bl. 9 par. 5]

  3. Wat leer ons vandag uit die eertydse wet oor die insameling van oesoorblyfsels? (Lev. 19:9, 10) [7 Jul., w06 6/15 bl. 22-23 par. 13]

  4. Waarom kan daar gesê word dat die Bybelwet van “oog vir oog” nie persoonlike wraak bevorder nie? (Lev. 24:19, 20) [14 Jul., w09 9/1 bl. 22 par. 3-4]

  5. Onder watter omstandighede sou dit vir ’n Israeliet verkeerd wees om rente op ’n lening te vra, maar wanneer sou dit toelaatbaar wees om rente te vra? (Lev. 25:35-37) [21 Jul., w04 5/15 bl. 24 par. 3]

  6. Waarom word daar gewoonlik na die 12 stamme van Israel verwys, terwyl daar in werklikheid 13 stamme was? (Num. 1:49, 50) [28 Jul., w08 7/1 bl. 21]

  7. Watter les in verband met bedagsaamheid teenoor bejaardes kan ons leer uit die verslag oor Levitiese verpligte diens, soos opgeteken in Numeri 8:25, 26? [11 Aug., w04 8/1 bl. 25 par. 1]

  8. Waarom het die Israeliete, ná hulle wonderdadige uittog uit Egipte, ’n klaerige gees ontwikkel en watter belangrike les kan ons uit hierdie verslag leer? (Num. 11:4-6) [18 Aug., w95 3/1 bl. 15-16 par. 10]

  9. Wat kan ons leer uit die manier waarop Moses gereageer het toe Eldad en Medad as profete begin optree het? (Num. 11:27-29) [18 Aug., w04 8/1 bl. 26 par. 4]

  10. Watter waardevolle beginsel kan ons leer uit die opdrag aan die Israeliete om “vir hulle fraiingrande aan die some van hulle klere [te] maak”? (Num. 15:37-39) [25 Aug., w04 8/1 bl. 26 par. 7]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel