Velddiensglanspunte
Die rapport vir September vir Namibië toon ’n vermeerdering van 6 persent—2 343 verkondigers rapporteer nou velddiens! En die 4 622 Bybelstudies wat in hierdie land met sy diverse bevolking gehou word, toon ’n groot potensiaal vir toename. In dieselfde maand het Suid-Afrika 94 097 verkondigers gerapporteer, en 134 441 Bybelstudies is gehou. Die streekbyeenkomste het beslis ’n ryk geestelike feesmaal voorsien, met aanmoediging wat deur die getroue en verstandige slaaf gegee is om aan te hou om ‘eers die koninkryk te soek’.—Matt. 6:33.