Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/15 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2015
Ons Koninkryksbediening—2015
km 4/15 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 27 April 2015 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die week waartydens elke gedagte bespreek sal word, word aangegee sodat ons navorsing kan doen wanneer ons elke week vir die skool voorberei.

  1. Watter soort liefde is lojale liefde, en op watter gebiede van die lewe is dit besonder nodig? (Rut 1:16, 17). [2 Mrt., w12 7/1 bl. 26 par. 6]

  2. Hoe het Rut ’n reputasie verwerf as “’n voortreflike vrou”? (Rut 3:11). [2 Mrt., w12 10/1 bl. 23 par. 1]

  3. Hoe kan ons by Hanna se voorbeeld baat vind wanneer ons voor probleme te staan kom? (1 Sam. 1:16-18). [9 Mrt., w07 3/15 bl. 16 par. 4-5]

  4. Wat het Samuel teen die slegte voorbeeld van Eli se seuns beskerm terwyl hy as ’n seun ‘by Jehovah grootgeword het’? (1 Sam. 2:21). [9 Mrt., w10 10/1 bl. 16 par. 3-4]

  5. Hoe kan ons baat vind by die voorbeeld wat Saul gestel het toe hy nie oorhaastig opgetree het toe “deugniete” sy koningskap verwerp het nie? (1 Sam. 10:22, 27). [23 Mrt., w05 3/15 bl. 23 par. 1]

  6. Watter belangrike les kan ons leer uit Saul se verkeerde beskouing dat gehoorsaamheid aan Jehovah deur ’n offerande vervang kan word? (1 Sam. 15:22, 23). [30 Mrt., w07 6/15 bl. 26 par. 3-4]

  7. Waarom is dit gerusstellend om te weet dat Jehovah “sien wat die hart is”? (1 Sam. 16:7). [6 Apr., w10 3/1 bl. 23 par. 7]

  8. Wat verwag Jehovah, volgens Spreuke 1:4, moet ons in moeilike situasies gebruik? (1 Sam. 21:12, 13). [13 Apr., w05 3/15 bl. 24 par. 4]

  9. Waarom kan daar gesê word dat Abigail nie teen haar man se hoofskap in opstand gekom het toe sy voedsel aan Dawid en sy manne gegee het nie? (1 Sam. 25:10, 11, 18, 19). [20 Apr., w09 7/1 bl. 20 par. 3]

  10. Abigail het verskoning gevra vir iets wat sy nie gedoen het nie. Hoe kan ons by haar voorbeeld baat vind? (1 Sam. 25:24). [20 Apr., w02 11/1 bl. 5 par. 1, 4]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel