Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/15 bl. 4
  • ’n Persoonlike uitnodiging

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Persoonlike uitnodiging
  • Ons Koninkryksbediening—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Spesiale uitnodiging
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • ’n Kampanje wat resultate lewer
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Byeenkomsuitnodigingskampanje
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Die verspreiding van Gedenkmaaluitnodigings begin op 2 April
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2015
km 4/15 bl. 4

’n Persoonlike uitnodiging

1. Wanneer sal die kampanje begin om mense na die streekbyeenkoms uit te nooi?

1 As jy beplan om ’n spesiale maaltyd vir familielede of vriende voor te berei, en dit jou baie moeite en geld sal kos, sal jy waarskynlik baie opgewonde wees om hulle uit te nooi. Baie moeite is eweneens gedoen om die geestelike feesmaal voor te berei wat ons tydens ons komende streekbyeenkoms sal geniet. Jehovah gee ons die voorreg om mense drie weke voor die tyd na ons byeenkoms uit te nooi. Wat sal ons help om die uitnodigings geesdriftig te versprei?

2. Wat sal ons beweeg om ’n volle aandeel aan die kampanje te hê?

2 As ons met waardering nadink oor hoeveel ons al persoonlik baat gevind het by die verkwikkende opleiding wat Jehovah tydens ons byeenkomste voorsien, sal dit ons beweeg om ’n volle aandeel aan die kampanje te hê (Jes. 65:13, 14). Ons moet ook in gedagte hou dat ons jaarlikse kampanje resultate oplewer. (Sien die venster “Dit lewer resultate op”.) Party van die mense wat ons uitnooi, sal die byeenkoms saam met ons bywoon, en ander sal nie. Maar ongeag hoeveel mense reageer, ons ywerige pogings gedurende die kampanje verheerlik Jehovah en weerspieël sy vrygewigheid.—Ps. 145:3, 7; Op. 22:17.

3. Hoe sal die uitnodigings versprei word?

3 Elke liggaam van ouer manne moet besluit hoe die gemeente die uitnodigings by soveel mense as moontlik kan laat en of dit by nietuise gelaat kan word of in die openbare getuieniswerk in hulle gebied versprei kan word. Oor naweke moet die tydskrifte saam met die uitnodiging aangebied word wanneer dit gepas is. Hoe bly sal ons tog ná die kampanje wees as ons weet dat ons geesdriftig daaraan deelgeneem het en dat soveel mense as moontlik die geestelike feesmaal wat Jehovah voorsien het, saam met ons kon geniet!

Wat sal jy sê?

Nadat jy gegroet het, kan jy sê: “Ons neem deel aan ’n wêreldwye kampanje om mense na ’n baie belangrike geleentheid uit te nooi. Jy sal die datum, tyd en adres op hierdie uitnodiging vind.”

Dit lewer resultate op

  • Toe ’n suster ’n paar jaar gelede aan die uitnodigingskampanje deelgeneem het, het sy gewonder of dit die moeite werd is. Sy het haar afgevra: ‘Sal mense regtig gunstig reageer en die streekbyeenkoms saam met ons bywoon?’ Die Saterdagoggend van die byeenkoms het ’n Sikh-man naby haar gesit, en sy het besluit om haar aan hom voor te stel. Sy het agtergekom dat hy by die byeenkoms was omdat hy een van ons uitnodigings ontvang het. Hy het ’n hele paar vrae gevra wat die suster beantwoord het. Hy het gesê dat hy die program baie geniet en dat hy beïndruk is met die voorkoms en gedrag van die byeenkomsgangers. Later dieselfde dag het die suster begin gesels met ’n egpaar wat naby haar gesit het. Hulle het ook ’n uitnodiging ontvang en het per bus na die byeenkoms gekom. Hulle het die byeenkoms geniet en het beplan om ook die Sondag te kom. Die suster het toe besef hoe belangrik ons jaarlikse kampanje is.

  • By ’n onlangse streekbyeenkoms het ’n egpaar wat as gewone pioniers dien, hulle voorgestel aan ’n bejaarde egpaar. Die egpaar het gesê dat dit die eerste byeenkoms is wat hulle bywoon. “Wie het julle genooi?” het die pioniers gevra. “Toe ons eendag by die huis kom, was daar ’n uitnodiging onder die deur”, het hulle geantwoord. Hulle het die uitnodiging gelees en het selfs die koepon agterop die uitnodiging ingevul. Ander byeenkomsgangers het hulle middagete met die egpaar gedeel. Die egpaar het die program so geniet dat hulle gereël het om ook die volgende dag te kom. Reëlings is getref om hulle te besoek en die belangstelling verder te ontwikkel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel