Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb16 Januarie bl. 2
  • Ons voorreg om plekke van ware aanbidding te bou en in stand te hou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons voorreg om plekke van ware aanbidding te bou en in stand te hou
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ONS KAN HELP DEUR . . .
  • Instandhouding van ons Koninkryksale
    Hoe jou donasies gebruik word
  • Dit is ons plek van aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Reëlings vir plekke van aanbidding
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Bouwerk wat Jehovah tot eer strek
    God se Koninkryk regeer!
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
mwb16 Januarie bl. 2

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Ons voorreg om plekke van ware aanbidding te bou en in stand te hou

Die bou van Israel se tempel het baie werk en groot onkoste behels. Maar die Israeliete het die projek ywerig ondersteun (1Kr 29:2-9; 2Kr 6:7, 8). Nadat die tempel voltooi is, was die manier waarop die Israeliete dit in stand gehou het, ’n weerspieëling van hulle geestelikheid of gebrek daaraan (2Kn 22:3-6; 2Kr 28:24; 29:3). Vandag bestee Christene baie tyd en energie daaraan om Koninkryksale en Byeenkomssale te bou, skoon te maak en in stand te hou. Maar om op hierdie manier saam met Jehovah te werk, is ’n groot voorreg en is deel van ons heilige diens. —Ps 127:1; Op 7:15.

ONS KAN HELP DEUR . . .

  • Iemand ruim op rondom ’n sitplek by ’n Koninkryksaal

    ná elke vergadering op te ruim. As jou omstandighede jou beperk, kan jy seker maak dat dit rondom jou sitplek skoon is.

  • ’n Koninkryksaal word skoongemaak

    deel te neem aan die gereelde skoonmaak en instandhouding van die Koninkryksaal. Baie hande maak die werk vreugdevol en lig.—lv 92-93 ¶18.

  • Iemand gooi ’n bydrae in ’n bydraebussie

    finansieel by te dra. Selfs ’n bydrae van ‘twee muntstukkies wat min waarde het’ en wat uit die hart gegee word, behaag Jehovah.—Mr 12:41-44.

  • ’n Plek van aanbidding word opgeknap

    aan te bied om ’n deelname te hê aan die bou en opknappingswerk van teokratiese fasiliteite as ons omstandighede dit toelaat. Ondervinding in bouwerk is nie ’n vereiste om ’n aandeel hieraan te hê nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel