SKATTE UIT GOD SE WOORD | MATTEUS 20-21
“Elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees”
Die trotse skrifgeleerdes en Fariseërs het daarvan gehou wanneer mense hulle op die markplein gesien en gegroet het
Die trotse skrifgeleerdes en Fariseërs wou belangrik wees en mense beïndruk (Mt 23:5-7). Jesus was nie so nie. “Die Seun van die mens [het] gekom . . . nie om gedien te word nie, maar om te dien” (Mt 20:28). Wat is vir ons die belangrikste in ons diens? Fokus ons veral op die dinge wat vir ons eer en lof bring? As ons soos Christus wil wees, sal ons eerder op ander fokus as op onsself. Hierdie soort werk word dikwels net deur Jehovah gesien (Mt 6:1-4). ’n Nederige dienaar sal . . .
help om die Koninkryksaal skoon te maak en in stand te hou
die inisiatief neem om ouer broers en susters en ander te help
finansieel gee om Koninkryksbelange te ondersteun