Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr19 November bl. 1-2
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2019)
  • Onderhofies
  • 4-10 NOVEMBER
  • 11-17 NOVEMBER
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2019)
mwbr19 November bl. 1-2

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

4-10 NOVEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 1 JOHANNES 1-5

Soek na geestelike skatte

(1 Johannes 5:16, 17) As iemand sy broer ’n sonde sien begaan wat nie die dood meebring nie, sal hy vra, en hy sal aan hom die lewe gee, ja, aan hulle wat nie so sondig dat dit die dood meebring nie. Daar is ’n sonde wat wel die dood meebring. Aangaande daardie sonde sê ek nie vir hom om ’n versoek te doen nie. 17 Alle onregverdigheid is sonde; en tog is daar ’n sonde wat nie die dood meebring nie.

it-1-E 862 ¶5

Vergifnis

Dit is gepas om God namens ander, selfs namens ’n hele gemeente, om vergifnis te vra. Moses het dit namens die nasie Israel gedoen. Hy het die nasie se sonde bely en Jehovah namens hulle om vergifnis gevra, en Jehovah het sy gebed verhoor (Nu 14:19, 20). Toe die tempel toegewy is, het Salomo ook vir Jehovah gevra om sy volk te vergewe wanneer hulle sondig en dan ophou om te doen wat verkeerd is (1Kn 8:30, 33-40, 46-52). Esra het die Jode wat na hulle vaderland teruggekeer het in gebed verteenwoordig en hulle sondes in die openbaar erken. Sy opregte gebed en vermaning het daartoe gelei dat die volk die nodige stappe gedoen het om Jehovah se vergifnis te verkry (Esr 9:13–10:4, 10-19, 44). Jakobus het enigeen wat geestelik siek was, aangemoedig om die ouermanne van die gemeente te roep om oor hom te bid. Hy het gesê: “As hy sondes gepleeg het, sal dit hom vergewe word” (Jak 5:14-16). Maar daar is “’n sonde wat wel die dood meebring”. Dit is sonde teen die heilige gees – wanneer iemand aspris aanhou sondig. Vir hierdie soort sonde is daar geen vergifnis nie. ’n Christen moenie vir dié bid wat op hierdie manier sondig nie. – 1Jo 5:16; Mt 12:31; Heb 10:26, 27; sien “SIN, I” en “SPIRIT” in it-2-E.

11-17 NOVEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 JOHANNES 1–JUDAS

Soek na geestelike skatte

(Judas 4) My rede hiervoor is dat sekere mense ingeglip het wat lank gelede deur die Skrif tot hierdie oordeel bestem is, goddelose mense, wat die onverdiende goedhartigheid van ons God in ’n verskoning vir losbandige gedrag verander en ons enigste Eienaar en Here, Jesus Christus, verloën.

(Judas 12) Hulle is die rotse wat onder die water verborge is in julle liefdesmaaltye terwyl hulle saam met julle fees hou, herders wat hulleself sonder vrees voed; waterlose wolke wat deur winde heen en weer gedryf word; bome in die naherfs, maar vrugloos, twee keer gestorwe, ontworteld;

it-2-E 279

Liefdesmaaltye

Die Bybel sê nie presies wat hierdie liefdesmaaltye was of hoe dikwels hulle gehou is nie (Jud 12). Die Here Jesus Christus of sy apostels het nie gesê dat hierdie liefdesmaaltye gehou moes word nie, en dit is duidelik dat hulle nie verpligtend of permanent is nie. Party sê dat hierdie feesmaaltye deur ryk Christene gehou is en dat hulle arm medegelowiges daarheen genooi het. Die vaderlose kinders, die weduwees, die rykes en dié wat swaar gekry het, het as broers en susters saam ’n groot ete geniet.

it-2-E 816

Rots

’n Ander Griekse woord, spi·lasʹ, verwys waarskynlik na ’n rots of rif wat onder die water versteek is. Judas gebruik hierdie illustrasie om te wys dat sekere manne met slegte beweegredes in die Christengemeente ingeglip het. Net soos versteekte rotse ’n bedreiging vir skepe was, was hierdie manne ’n groot gevaar vir ander in die gemeente. Hy sê van hierdie manne: “Hulle is die rotse wat onder die water verborge is in julle liefdesmaaltye terwyl hulle saam met julle fees hou.” – Jud 12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel