Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Junie bl. 8
  • Hoe om die voorgestelde gesprekke te gebruik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om die voorgestelde gesprekke te gebruik
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorgestelde gesprekke
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Hoe om die voorgestelde gesprekke te gebruik
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Hoe om gesprekke te begin met pamflette
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Voorgestelde gesprekke
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Junie bl. 8

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hoe om die voorgestelde gesprekke te gebruik

Die voorgestelde gesprekke verskyn al vanaf Januarie 2018 op die voorblad van Ons Christelike Lewe en Bediening – Vergaderingwerkboek. Hoe kan ons dit gebruik?

’n Suster is besig met ’n studentetoewysing by die Lewe en Bediening-vergadering.

Wanneer jy ’n studentetoewysing het: Gebruik die voorgestelde gesprek se vraag, teks en vraag vir die volgende keer. Maar dit beteken nie dat jy presies dieselfde woorde moet gebruik as in die video vir die voorgestelde gesprek nie. Jy kan ’n ander situasie, inleiding, redenasie, ensovoorts gebruik. Jy mag ook ’n publikasie aanbied uit ons Gereedskapskissie vir Onderrigting al word dit nie in die instruksies vir die deel genoem nie.

Dieselfde suster doen velddiens en lees vir ’n vrou ’n Bybelteks.

Wanneer jy velddiens doen: Die doel van die voorgestelde gesprekke is om vir jou goeie idees te gee. As ’n persoon regtig belangstel en meer wil weet, kan jy aangaan met die gesprek en dalk informasie uit die voorgestelde herbesoek gebruik. Jy kan die voorgestelde gesprekke aanpas of iets heeltemal anders gebruik. Sal ’n onderwerp uit ’n vorige maand of ’n ander teks dalk beter vir mense in julle gebied werk? Is die mense in julle gebied meer geïnteresseerd in iets wat op die oomblik gebeur of iets anders in die nuus? Jy kan die voorgestelde gesprekke op verskillende maniere gebruik, maar jou doel moet wees om ‘alles ter wille van die goeie nuus te doen sodat dit aan ander verkondig kan word’. – 1Kor 9:22, 23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel