Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr20 Augustus bl. 1-4
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
  • Onderhofies
  • 3-9 AUGUSTUS
  • 10-16 AUGUSTUS
  • 17-23 AUGUSTUS
  • 24-30 AUGUSTUS
  • 31 AUGUSTUS–6 SEPTEMBER
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
mwbr20 Augustus bl. 1-4

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

3-9 AUGUSTUS

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 13-14

“Staan vas en sien hoe Jehovah julle red”

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 13:17) Toe Farao die volk weggestuur het, het God hulle nie deur die land van die Filistyne gelei nie, al was dit ’n korter pad. Want God het gesê: “Die volk sal dalk van gedagte verander as hulle sien dat hulle oorlog moet voer, en dan sal hulle na Egipte terugkeer.”

it-1-E 1117

Grootpad, pad

Van antieke tye af het grootpaaie en paaie, insluitende ’n paar belangrike handelsroetes, stede en koninkryke in die area van Palestina met mekaar verbind. (Nu 20:17-19; 21:21, 22; 22:5, 21-23; Jos 2:22; Rig 21:19; 1Sa 6:9, 12; 13:17, 18; sien “KING’S ROAD” in it-2-E). Die pad wat as die hoofroete beskou is, het gegaan van Egipte na die Filistynse stede Gasa en Askelon en het geleidelik noordooswaarts gebuig in die rigting van Megiddo. Hierdie pad het verder na Hasor gegaan, noord van die See van Galilea, en daarna na Damaskus. Hierdie roete deur Filistea was die kortste roete van Egipte na die Beloofde Land. Maar Jehovah was goed vir die Israeliete deur hulle op ’n ander pad te laat gaan sodat hulle nie mismoedig sou word as die Filistyne hulle aanval nie. – Eks 13:17.

(Eksodus 14:2) “Sê vir die Israeliete dat hulle moet terugdraai en voor Pi-Hagirot kamp moet opslaan, tussen Migdol en die see, oorkant Baäl-Sefon. Julle moet daar by die see kamp opslaan.

it-1-E 782 ¶2-3

Die uittog

Waar was die Rooisee verdeel sodat Israel kon deurgaan?

Hulle het by die tweede deel van hulle reis by Etam, “aan die rand van die wildernis”, gekom. Dit is interessant dat God toe vir Moses gesê het “dat hulle moet terugdraai en voor Pi-Hagirot kamp moet opslaan . . . by die see”. Dit sou veroorsaak dat Farao dink die Israeliete “dwaal verward . . . rond” (Eks 13:20; 14:1-3). Kenners wat glo dat dit die El Haj-roete was, sê dat die Hebreeuse werkwoord vir “terugdraai” uitdruklik is en dat dit nie net beteken om “weg te keer” of “weg te draai” nie, maar dat dit eerder beteken om om te draai of ten minste ’n definitiewe ompad te vat. Hulle meen dat die Israeliete by ’n punt noord van die Golf van Suez aangekom het en toe omgedraai en na die oostekant van Jebel ʽAtaqah, ’n bergreeks aan die westekant van die Golf, gegaan het. Daar is geen manier dat so ’n groot groep mense, soos die Israeliete, vinnig sou kon wegkom as hulle uit die noorde aangeval sou word nie, en daarom sou hulle vasgekeer gewees het met die see in hulle pad.

Hierdie verduideliking stem ooreen met wat die Jode in die eerste eeu HJ geglo het. (Sien “PIHAHIROTH” in it-2-E.) Maar nog belangriker is dat so ’n situasie ooreenstem met die algemene verduideliking wat die Bybel self gee, terwyl dít wat baie kenners glo, nie daarmee ooreenstem nie (Eks 14:9-16). Blykbaar was die punt waar die Israeliete moes deurgaan ver genoeg van die bokant van die Golf (of westelike arm van die Rooisee) af sodat Farao se leërmag nie eenvoudig om die Golf kon gaan en maklik aan die anderkant by die Israeliete kon uitkom nie. – Eks 14:22, 23.

10-16 AUGUSTUS

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 15-16

“Sing om Jehovah te loof”

(Eksodus 15:20, 21) Toe het die profetes Mirjam, Aäron se suster, ’n tamboeryn in haar hand geneem, en al die vrouens het haar gevolg met tamboeryne en met danse. 21 Mirjam het gesing in antwoord op die manne se lied: “Sing vir Jehovah, want hy is hoog en verhewe. Die perd en sy ruiter het hy in die see gegooi.”

it-2-E 454 ¶1

Musiek

Baie van die groepsang in Israel was blykbaar in die vorm van beurtsang waar twee helftes van die koor beurte gemaak het om parallelle versreëls te sing, of ’n solis het met ’n koor afgewissel. Die Bybel sê dat die een groep die ander “antwoord” (Eks 15:21; 1Sa 18:6, 7). Die manier waarop party van die Psalms geskryf is, soos Psalm 136, is ’n voorbeeld van hierdie soort sang. Die beskrywing van die twee groot dankkore in Nehemia se tyd en van die rol wat hulle in die inwyding van Jerusalem se muur gespeel het, wys dat hulle in hierdie styl gesing het. – Ne 12:31, 38, 40-42; sien “SONG” in it-2-E.

it-2-E 698

Profetes

Mirjam is die eerste vrou in die Bybel wat ’n profetes genoem is. God het blykbaar die een of ander boodskap of boodskappe deur haar oorgedra, miskien deur geïnspireerde liedere (Eks 15:20, 21). Dit is hoekom sy en Aäron vir Moses gesê het: “Het [Jehovah] nie ook deur ons gepraat nie?” (Nu 12:2). Jehovah self het deur die profeet Miga gesê dat hy “Moses, Aäron en Mirjam” voor die Israeliete uitgestuur het toe Hy hulle uit Egipte uitgelei het (Mi 6:4). Al het Mirjam die voorreg gehad om op hierdie manier deur God gebruik te word, was hierdie verhouding van haar teenoor God nie so belangrik soos dié van haar broer Moses nie. Toe sy nie haar plek geken het nie, het God haar swaar gestraf. – Nu 12:1-15.

17-23 AUGUSTUS

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 17-18

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 17:14) Jehovah het toe vir Moses gesê: “Skryf dít as ’n herinnering in die boek en herhaal dit vir Josua: ‘Ek sal seker maak dat niemand onder die hemel Aʹmalek sal onthou nie.’”

it-1-E 406

Kanon

As ons kyk na die inhoud van die boeke van Moses kan daar geen twyfel wees dat dit van God af kom en dat dit deur God geïnspireer is nie, en daarom is dit ’n veilige riglyn vir ware aanbidding. Dit was nie Moses se eie besluit dat hy die leier en aanvoerder van die Israeliete geword het nie; hy wou dit eers nie doen nie (Eks 3:10, 11; 4:10-14). Dit was eerder God wat vir Moses as leier aangestel het en hom die krag gegee het om sulke wonderwerke te doen. Selfs Farao se towerpriesters kon nie anders as om te erken dat dít wat Moses gedoen het, van God af gekom het nie (Eks 4:1-9; 8:16-19). So dit was nie Moses se persoonlike doel om ’n woordvoerder en ’n skrywer te wees nie. Dit was eerder sy gehoorsaamheid aan God se bevel en deur middel van die heilige gees dat Moses beweeg was om eers ’n gedeelte van die Bybelkanon in woorde uit te druk en toe neer te skryf. – Eks 17:14.

24-30 AUGUSTUS

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 19-20

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 19:5, 6) As julle dan nou my stem streng gehoorsaam en my verbond hou, dan sal julle beslis my spesiale eiendom uit al die volke word, want die hele aarde behoort aan my. 6 Julle sal vir my ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie word.’ Dit is wat jy vir die Israeliete moet sê.”

it-2-E 687 ¶1-2

Priester

Die Christenpriesterskap. Jehovah het belowe dat Israel, as hulle sy verbond sou hou, “’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie” sou word (Eks 19:6). Maar die priesterskap van Aäron se nageslag sou aanhou net totdat die groter priesterskap wat daardeur voorafgeskadu is, sou kom. (Heb 8:4, 5). Dit sou aanhou totdat die Wetsverbond tot ’n einde gekom het en die nuwe verbond ingestel is (Heb 7:11-14; 8:6, 7, 13). Dit was eers net Israel wat Jehovah se priesters kon word en in God se beloofde Koninkryksreëling kon dien. Die nie-Jode het ook later hierdie geleentheid gekry. – Han 10:34, 35; 15:14; Ro 10:21.

Net ’n oorblyfsel van die Jode het Christus aanvaar, en daarom kon die nasie nie die lede voorsien van die ware koninkryk van priesters en die heilige nasie nie (Ro 11:7, 20). Omdat Israel nie getrou was nie, het God hulle eeue gelede deur sy profeet Hosea hieroor gewaarsku deur te sê: “Omdat jy kennis verwerp het, sal ek jou ook verwerp sodat jy nie as my priester sal dien nie. En omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal ek jou kinders vergeet” (Ho 4:6). Net so het Jesus ook vir die Joodse leiers gesê: “Die Koninkryk van God sal van julle weggeneem word en aan ’n nasie gegee word wat die regte vrugte voortbring” (Mt 21:43). Omdat Jesus Christus onder die Wet was terwyl hy op die aarde was, het hy die Aäronitiese priesterskap erken en het hy vir dié wat hy van melaatsheid genees het, gesê om na die priesters toe te gaan en die nodige offerande te bring. – Mt 8:4; Mr 1:44; Lu 17:14.

31 AUGUSTUS–6 SEPTEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 21-22

“Wys dat jy Jehovah se beskouing van die lewe het”

(Eksodus 21:20) “As ’n man sy slaaf of sy slavin met ’n stok slaan en die persoon as gevolg hiervan sterf, moet daardie persoon gewreek word.

it-1-E 271

Slae

’n Hebreeuse slawe-eienaar mag sy slaaf of slavin met ’n stok geslaan het as die slaaf ongehoorsaam of rebels was. Maar as die slaaf doodgegaan het terwyl die slawe-eienaar hom geslaan het, sou die slawe-eienaar gestraf moes word. Maar as die slaaf ’n dag of twee daarna nog geleef het, sou dit bewys het dat die slawe-eienaar nie bedoel het om die slaaf te vermoor nie. Hy het die reg gehad om sy slaaf te straf want die slaaf is met sy eienaar “se geld gekoop”. ’n Man sou natuurlik nie sy eie waardevolle besitting heeltemal wou vernietig nie, omdat dit vir hom ’n verlies sou wees. En as die slaaf binne ’n dag of meer doodgegaan het, sou dit nie duidelik wees of hy van die slae of dalk van iets anders doodgegaan het nie. So as die slaaf nog ’n dag of twee gelewe het, sou die eienaar nie gestraf word nie. – Eks 21:20, 21.

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 21:14) As ’n man baie kwaad word vir sy medemens en hy hom opsetlik doodmaak, moet die man sterf, al moet julle hom van my altaar af wegneem.

it-1-E 1143

Horing

Die woorde in Eksodus 21:14 kan beteken dat selfs ’n priester doodgemaak moes word as hy moord gepleeg het, of dat enige moedswillige moordenaar nie beskerm sou word al het hy vasgehou aan die horings van die altaar nie. – Vergelyk 1Kn 2:28-34.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel