Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwbr20 November bl. 1-13
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek
  • Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
  • Onderhofies
  • 2-8 NOVEMBER
  • 9-15 NOVEMBER
  • 16-22 NOVEMBER
  • 23-29 NOVEMBER
  • 30 NOVEMBER–6 DESEMBER
Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek (2020)
mwbr20 November bl. 1-13

Verwysings vir die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek

2-8 NOVEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | EKSODUS 39-40

“Moses het instruksies getrou gevolg”

(Eksodus 39:32) So is al die werk vir die tabernakel, die tent van samekoms, voltooi, en die Israeliete het alles gedoen wat Jehovah Moses beveel het. Hulle het net so gedoen.

w11 9/15 27 ¶13

Ken Jehovah jou?

13 In teenstelling hiermee was Moses “verreweg die sagmoedigste van al die mense . . . op die oppervlak van die aarde” (Num. 12:3). Hy het sy sagmoedigheid en nederigheid geopenbaar deur sy vasbeslotenheid om Jehovah se leiding te volg (Eks. 7:6; 40:16). Daar is geen aanduiding dat Moses die manier waarop Jehovah dinge doen, dikwels bevraagteken het of dat hy kwaad geword het omdat hy prosedures moes volg wat Jehovah ingestel het nie. Jehovah het byvoorbeeld tot in die fynste besonderhede bevele gegee oor die bou van die tabernakel, soos die kleur van die draad en die aantal lissies aan die tentdoeke (Eks. 26:1-6). As ’n menslike opsiener in God se organisasie jou besonder uitvoerige instruksies gee, voel jy dalk soms gefrustreerd. Maar Jehovah is ’n volmaakte opsiener wat vryelik delegeer en sy knegte vertrou. Wanneer hy baie besonderhede voorsien, doen hy dit met goeie rede. Let egter daarop dat Moses nie geïrriteerd geraak het met Jehovah omdat hy soveel besonderhede gegee het, asof Jehovah hom verneder het of sy kreatiwiteit of vryheid aan bande gelê het nie. Moses het eerder gesorg dat die werkers “net so gedoen” het om God se instruksies uit te voer (Eks. 39:32). Hoe nederig tog! Moses het besef dat dit Jehovah se werk is en dat hy net ’n werktuig is om daardie werk gedoen te kry.

(Eksodus 39:43) Toe Moses al hulle werk ondersoek het, het hy gesien dat hulle dit gedoen het net soos Jehovah beveel het. En Moses het hulle geseën.

(Eksodus 40:1, 2) Toe het Jehovah vir Moses gesê: 2 “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy die tabernakel, die tent van samekoms, oprig.

(Eksodus 40:16) Moses het gedoen volgens alles wat Jehovah hom beveel het. Hy het net so gedoen.

w05 7/15 27 ¶3

Is jy in alles getrou?

3 “Moses was as ’n dienaar getrou”, sê Hebreërs 3:5. Wat het die profeet Moses getrou gemaak? Met die bou en oprigting van die tabernakel het Moses “gedoen volgens alles wat Jehovah hom beveel het. Hy het net so gedoen” (Eksodus 40:16). As aanbidders van Jehovah toon ons getrouheid deur hom gehoorsaam te dien. Dit sluit beslis in dat ons lojaal aan Jehovah bly terwyl ons moeilike toetse of swaar beproewinge verduur. Maar om groot toetse suksesvol die hoof te bied, is nie die enigste faktor wat ons getrouheid bepaal nie. “Hy wat in die geringste getrou is, is ook in baie getrou”, het Jesus gesê, “en hy wat in die geringste onregverdig is, is ook in baie onregverdig” (Lukas 16:10). Ons moet selfs in oënskynlik klein dinge getrou bly.

Soek na geestelike skatte

(Eksodus 39:34) sy bedekking van rooigekleurde ramsvelle, sy bedekking van robbevelle, die gordyn wat as die skerm sou dien;

it-2-E 884 ¶3

Sealskin

How Obtainable by Israelites. If the taʹchash of the Bible does designate a kind of seal, then a question may arise as to how it was possible for the Israelites to obtain sealskins. While seals are generally associated with Arctic and Antarctic regions, some seals favor warmer climates. Today a few monk seals still inhabit part of the Mediterranean Sea, as well as other warmer waters. Over the centuries man has greatly reduced the number of seals, and in Bible times these animals may have been abundant in the Mediterranean and in the Red Sea. As late as 1832 an English edition of Calmet’s Dictionary of the Holy Bible (p. 139) observed: “On many of the small islands of the Red sea, around the peninsula of Sinai, are found seals.”—See also The Tabernacle’s Typical Teaching, by A. J. Pollock, London, p. 47.

(Eksodus 40:34) Toe het die wolk die tent van samekoms bedek, en Jehovah se heerlikheid het die tabernakel gevul.

w15-E 7/15 21 ¶1

Does It Matter Who Notices Your Work?

When the tabernacle was completed, a cloud “began to cover the tent of meeting, and Jehovah’s glory filled the tabernacle.” (Ex. 40:34) What a clear indication of Jehovah’s approval! How do you think Bezalel and Oholiab felt at that moment? Although their names were not engraved on their handiwork, they must have felt satisfaction in knowing that God’s blessing was on all their efforts. (Prov. 10:22) In the years that followed, it surely warmed their hearts to see that their handiwork continued to be used in Jehovah’s service. When they come back to life in the new world, Bezalel and Oholiab will no doubt be thrilled to learn that the tabernacle was used in true worship for some 500 years!

Bybelleesgedeelte

(Eksodus 39:1-21) Van die blou garing, die pers wol en die helderrooi materiaal het hulle fyngeweefde klere gemaak vir diens in die heiligdom. Hulle het die heilige klere vir Aäron gemaak, net soos Jehovah Moses beveel het. 2 Hy het die efod gemaak van goud, blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad. 3 Hulle het goue plate uitgeklop totdat dit dun blaaie was, en Besaʹleël het dit in dun draadjies gesny om saam met die blou garing, die pers wol, die helderrooi materiaal en die fyn linne in te weef, en daar is op die efod geborduur. 4 Hulle het skouerstukke vir die efod gemaak wat die twee bokante daarvan met mekaar verbind het. 5 En die geweefde lyfband, wat aan die efod vasgeheg is om dit in plek te hou, is van dieselfde materiale gemaak, naamlik goud, blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad, net soos Jehovah Moses beveel het. 6 Toe het hulle die oniksstene in goue monterings geset, en hulle het die name van die seuns van Israel daarop gegraveer, net soos daar op ’n seël gegraveer word. 7 Besaʹleël het die stene op die skouerstukke van die efod gesit as ’n herinnering aan die seuns van Israel, net soos Jehovah Moses beveel het. 8 Daarna het hy die borsstuk gemaak. Dit was die werk van ’n borduurder, net soos die efod. Dit was van goud, blou garing, pers wol, helderrooi materiaal en fyn gedraaide linnedraad. 9 Dit was vierkantig wanneer dit dubbel gevou was. Hulle het die borsstuk gemaak, en wanneer dit dubbel gevou was, was dit so lank en so breed soos die span van ’n hand. 10 Hulle het vier rye stene daarin geset. In die eerste ry: robyn, topaas en smarag. 11 In die tweede ry: turkoois, saffier en jaspis. 12 In die derde ry: lesjʹem-steen, agaat en ametis. 13 In die vierde ry: chrisoliet, oniks en jade. Hulle is in goue monterings geset. 14 Die stene het ooreengestem met die name van die 12 seuns van Israel, en die name is gegraveer soos dit op ’n seël gegraveer sou word. Elke naam het een van die 12 stamme verteenwoordig. 15 Toe het hulle gedraaide kettinkies vir die borsstuk gemaak, soos toutjies van suiwer goud. 16 En hulle het twee goue monterings en twee goue ringe gemaak en die twee ringe aan die twee hoeke van die borsstuk vasgesit. 17 Daarna het hulle die twee goue toutjies deur die twee ringe aan die hoeke van die borsstuk gesteek. 18 Toe het hulle die twee punte van die twee toutjies deur die twee monterings gesteek en dit aan die skouerstukke aan die voorkant van die efod vasgeheg. 19 Daarna het hulle twee goue ringe gemaak en hulle aan die twee hoeke van die borsstuk vasgesit, aan die agterkant van die borsstuk, wat aan die efod raak. 20 Toe het hulle nog twee goue ringe gemaak en hulle aan die voorkant van die efod vasgesit, onder die twee skouerstukke, naby die verbinding en bo die plek waar die geweefde lyfband aan die efod vas was. 21 Uiteindelik het hulle die ringe van die borsstuk met ’n blou toutjie aan die ringe van die efod vasgebind, sodat die borsstuk op die efod in plek gehou sou word, bo die geweefde lyfband, net soos Jehovah Moses beveel het.

9-15 NOVEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 1-3

“Die doel van offerandes”

(Levitikus 1:3) “‘As sy offer ’n brandoffer uit die beeste is, moet hy ’n bul sonder gebrek aanbied. Hy moet dit by die ingang van die tent van samekoms vrywillig voor Jehovah aanbied.

(Levitikus 2:1) “‘En as iemand ’n graanoffer vir Jehovah aanbied, moet sy offer fynmeel wees, en hy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit.

(Levitikus 2:12) “‘Julle mag dit vir Jehovah aanbied as ’n offer van die eerste opbrengs, maar dit mag nie na die altaar gebring word as ’n aangename geur nie.

it-2-E 525

Offerings

Burnt offerings. Burnt offerings were presented in their entirety to God; no part of the animal being retained by the worshiper. (Compare Jg 11:30, 31, 39, 40.) They constituted an appeal to Jehovah to accept, or to signify acceptance of, the sin offering that sometimes accompanied them. As a “burnt offering” Jesus Christ gave himself wholly, fully.

it-2-E 528 ¶4

Offerings

Grain offerings. Grain offerings were made along with communion offerings, burnt offerings, and sin offerings, and also as firstfruits; at other times they were made independently. (Ex 29:40-42; Le 23:10-13, 15-18; Nu 15:8, 9, 22-24; 28:9, 10, 20, 26-28; chap 29) These were in recognition of God’s bounty in supplying blessings and prosperity. They were often accompanied by oil and frankincense. Grain offerings could be in the form of fine flour, roasted grain, or ring-shaped cakes or wafers that were baked, griddle cooked, or from the deep-fat kettle. Some of the grain offering was put on the altar of burnt offering, some was eaten by the priests, and in communion offerings the worshiper partook. (Le 6:14-23; 7:11-13; Nu 18:8-11) None of the grain offerings presented on the altar could contain leaven or “honey” (apparently referring to the syrup of figs or juice of fruits) that might ferment.—Le 2:1-16.

(Levitikus 3:1) “‘As sy offer ’n vrede-offer is en as hy dit uit die beeste aanbied, hetsy ’n bul of ’n koei, moet hy ’n dier sonder gebrek voor Jehovah aanbied.

it-2-E 526 ¶1

Offerings

Communion offerings (or peace offerings). Communion offerings acceptable to Jehovah denoted peace with him. The worshiper and his household partook (in the courtyard of the tabernacle; according to tradition, booths were set up around the inside of the curtain surrounding the courtyard; in the temple, dining rooms were provided). The officiating priest received a portion, and the priests on duty, another portion. Jehovah, in effect, received the pleasing smoke of the burning fat. The blood, representing the life, was given to God as his. Therefore the priests, the worshipers, and Jehovah were as if together at the meal, signifying peaceful relationships. The person partaking while in a state of uncleanness (any of the uncleannesses mentioned in the Law) or who ate the flesh after it had been kept beyond the prescribed time (in the warm climate it would begin to putrefy) was to be cut off from his people. He defiled or desecrated the meal, because of either being unclean himself or eating that which was foul before Jehovah God, showing disrespect for sacred things.—Le 7:16-21; 19:5-8.

Soek na geestelike skatte

(Levitikus 2:13) “‘Voeg sout by elke graanoffer wat jy bring. Jy mag nie die sout van die verbond van jou God weglaat wanneer jy jou graanoffer bring nie. Saam met al jou offers moet jy sout aanbied.

(Esegiël 43:24) Jy moet hulle vir Jehovah aanbied, en die priesters moet sout daarop gooi en hulle as ’n heelbrandoffer aan Jehovah bring.

w04 5/15 22 ¶1

Glanspunte uit die boek Levitikus

2:13—Waarom moes sout saam met “elke offer” aangebied word? Dit is nie gedoen om die smaak van offerandes te verbeter nie. Regoor die wêreld word sout as preserveermiddel gebruik. Dit is waarskynlik saam met offerandes aangebied omdat dit vryheid van verdorwenheid en bederf voorstel.

(Levitikus 3:17) “‘Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag, in al julle woonplekke: Julle mag hoegenaamd geen vet en geen bloed eet nie.’”

it-1-E 813

Fat

Reason for the law. Under the Law covenant, both the blood and fat were looked upon as exclusively Jehovah’s. The blood contains the life, which only Jehovah can give; therefore it belongs to him. (Le 17:11, 14) The fat was viewed as the richest part of the flesh of the animal. The offering of the fat of the animal would evidently be in recognition of the fact that the best parts belong to Jehovah, who provides abundantly, and it would demonstrate the desire of the worshiper to offer the best to God. Because it was symbolic of the Israelites’ devotion of their best to Jehovah, it was said to smoke upon the altar as “food” and for “a restful odor” to him. (Le 3:11, 16) To eat fat, therefore, was an illegal appropriation of what was sanctified to God, an invasion of the rights of Jehovah. Eating fat would incur the death penalty. Unlike blood, however, fat could be used for other purposes, at least in the case of an animal that died of itself or was killed by another beast.—Le 7:23-25.

w04 5/15 22 ¶2

Glanspunte uit die boek Levitikus

3:17. Aangesien die vet as die beste of die rykste deel beskou is, het die bevel om dit nie te eet nie, blykbaar by die Israeliete tuisgebring dat die beste deel aan Jehovah behoort (Genesis 45:18). Dit herinner ons aan die feit dat ons ons heel beste aan Jehovah moet gee.—Spreuke 3:9, 10; Kolossense 3:23, 24.

Bybelleesgedeelte

(Levitikus 1:1-17) En Jehovah het Moses geroep en vanuit die tent van samekoms met hom gepraat en gesê: 2 “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: ‘As enigeen van julle vir Jehovah ’n offer uit die vee aanbied, moet julle julle offer uit die beeste of uit die kleinvee aanbied. 3 “‘As sy offer ’n brandoffer uit die beeste is, moet hy ’n bul sonder gebrek aanbied. Hy moet dit by die ingang van die tent van samekoms vrywillig voor Jehovah aanbied. 4 Hy moet sy hand op die kop van die brandoffer sit, en dit sal aanvaar word om vir hom versoening te doen. 5 “‘Dan moet die jong bul voor Jehovah geslag word, en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed aanbied en al die kante van die altaar, wat by die ingang van die tent van samekoms is, met die bloed besprinkel. 6 Die vel van die dier wat as brandoffer geoffer sal word, moet verwyder word en die offer moet in stukke gesny word. 7 Die seuns van Aäron, die priesters, moet vuur op die altaar sit en hout op die vuur sit. 8 Die seuns van Aäron, die priesters, moet die stukke van die offer regsit met die kop en die niervet op die hout wat op die vuur bo-op die altaar is. 9 Sy ingewande en sy pote moet met water gewas word, en die priester moet dit alles op die altaar laat rook as ’n brandoffer. Dit is ’n vuuroffer met ’n aangename geur vir Jehovah. 10 “‘As die offer wat hy as ’n brandoffer bring, uit die kleinvee is, uit die jong skape of die bokke, moet hy ’n ram sonder gebrek aanbied. 11 Dit moet aan die noordekant van die altaar voor Jehovah geslag word, en die seuns van Aäron, die priesters, moet al die kante van die altaar met die bloed besprinkel. 12 Hy moet dit in stukke sny, en die priester moet dit saam met die kop en die niervet regsit op die hout wat op die vuur bo-op die altaar is. 13 Hy moet die ingewande en die pote met water was, en die priester moet dit alles aanbied en dit op die altaar laat rook. Dit is ’n brandoffer, ’n vuuroffer met ’n aangename geur vir Jehovah. 14 “‘Maar as hy voëls as ’n brandoffer aan Jehovah bring, moet hy sy offer uit die tortelduiwe of die jong duiwe aanbied. 15 Die priester moet die voël by die altaar aanbied en die kop afknyp en die voël op die altaar laat rook, maar die bloed moet hy teen die kant van die altaar laat uitloop. 16 Hy moet die krop en die vere verwyder en dit langs die altaar gooi, aan die oostekant, op die plek vir die as. 17 Hy moet die voël by die vlerke oopskeur sonder om dit in twee te verdeel. Dan moet die priester die voël op die altaar laat rook op die hout wat op die vuur is. Dit is ’n brandoffer, ’n vuuroffer met ’n aangename geur vir Jehovah.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Die waarde van “twee muntstukkies”

(Lukas 21:4) Want hulle almal het bydraes ingegooi uit hulle oorvloed, maar al is sy baie arm, het sy alles ingegooi waarvan sy moes lewe.”

Studienota oor Lukas 21:4 in nwtsty.

all the means of living she had: As shown in the study note on Lu 21:2, the coins that the widow put in the treasury chest were “two lepta,” the equivalent of 1/64 of a day’s wage. The lepton was the smallest coin used in Israel at that time. According to Mt 10:29, for an assarion coin (the equivalent of eight lepta), a person could purchase two sparrows, which were among the cheapest birds used for food. So this widow had only half the amount needed to buy one sparrow, hardly enough for a single meal.

16-22 NOVEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 4-5

“Gee jou beste vir Jehovah”

(Levitikus 5:5, 6) “‘As hy aan een van hierdie dinge skuldig word, moet hy sy sonde bely. 6 Hy moet ook sy skuldoffer aan Jehovah bring vir die sonde wat hy gepleeg het, naamlik ’n ooi uit die kleinvee – ’n ooilam of ’n jong bokooi – as ’n sonde-offer. Die priester moet dan vir hom versoening doen vir sy sonde.

it-2-E 527 ¶9

Offerings

Guilt offerings. Guilt offerings were also offerings because of sin, for guilt of any sort involves sin. They were for special sins by which a person had contracted guilt, and they differed slightly from other sin offerings in that they appear to have been to satisfy or restore a right. Either a right of Jehovah or a right of his holy nation had been violated. The guilt offering was to satisfy Jehovah on the right that had been violated, or to restore or recover certain covenant rights for the repentant wrongdoer and to get relief from the penalty for his sin.—Compare Isa 53:10.

(Levitikus 5:7) “‘Maar as hy nie ’n skaap kan bekostig nie, moet hy vir Jehovah twee tortelduiwe of twee jong duiwe bring as sy skuldoffer vir die sonde, een as ’n sonde-offer en een as ’n brandoffer.

w09 6/1 26 ¶3

Hy neem ons beperkings in ag

Die Wet het Jehovah se tere besorgdheid weerspieël en gesê: “As hy egter nie ’n skaap kan bekostig nie, dan moet hy as sy skuldoffer vir die sonde wat hy gepleeg het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan Jehovah bring” (Vers 7). Die frase ‘as hy nie kan bekostig nie’ kan ook weergegee word met “as dit buite sy bereik is”. As ’n Israeliet te arm was om ’n skaap te bekostig, het iets wat wel binne sy bereik was—twee tortelduiwe of twee duiwe—God net soveel behaag.

(Levitikus 5:11) “‘En as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as ’n offer vir sy sonde ’n tiende van ’n efa fynmeel as ’n sonde-offer bring. Hy moenie olie daarby voeg of wierook daarop sit nie, want dit is ’n sonde-offer.

w09 6/1 26 ¶4

Hy neem ons beperkings in ag

Sê nou die persoon het nie eens die middele vir die twee voëls gehad nie? “Dan moet hy as sy offer vir die sonde wat hy gepleeg het, ’n tiende van ’n efa [agt of nege koppies] fynmeel as ’n sondoffer bring”, het die Wet gesê (Vers 11). Jehovah het besluit om ’n uitsondering te maak vir diegene wat baie arm was, en het toegelaat dat hulle ’n bloedlose sondoffer bring. In Israel het armoede niemand die seën van versoening of die voorreg om vrede met God te maak, ontsê nie.

Soek na geestelike skatte

(Levitikus 5:1) “‘As iemand sondig omdat hy ’n openbare oproep gehoor het om getuienis af te lê en hy ’n getuie is of iets gesien het of van iets uitgevind het en hy dit nie rapporteer nie, sal hy die gevolge dra van sy oortreding.

w16.02 24 ¶14

Leer by Jehovah se lojale knegte

14 Jy kan ook lojaliteit aan Jehovah eerste stel en lojaal aan ander wees deur liefdevol teenoor hulle op te tree. Byvoorbeeld, jy het dalk bewyse dat ’n broer ’n ernstige sonde gepleeg het. Jy wil moontlik lojaal aan hom bly, veral as hy ’n hegte vriend of ’n familielid is. Maar jy weet ook dat dit belangriker is om lojaal aan Jehovah te wees. Net soos Natan, moet jy gehoorsaam wees aan Jehovah en liefdevol maar ferm teenoor jou broer optree. Sê vir hom dat hy die ouer manne om hulp moet vra en dat hy so gou as moontlik met hulle moet praat. As hy dit nie doen nie, moet jy met die ouer manne praat. Sodoende bly jy lojaal aan Jehovah. En terselfdertyd tree jy liefdevol teenoor jou broer op omdat die ouer manne hom kan help om weer ’n goeie verhouding met Jehovah te hê. Hulle sal hom op ’n kalm en sagmoedige manier reghelp.—Lees Levitikus 5:1; Galasiërs 6:1.

(Levitikus 5:15, 16) “As iemand ontrou is deur onopsetlik teen die heilige dinge van Jehovah te sondig, moet hy aan Jehovah ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee bring as sy skuldoffer. Die waarde daarvan in sikkels silwer word volgens die standaardsikkel van die heiligdom bepaal. 16 En hy moet vergoeding betaal vir die sonde wat hy teen die heiligdom gepleeg het en ook ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg. Hy moet dit vir die priester gee, sodat die priester vir hom versoening kan doen met die ram vir die skuldoffer, en hy sal vergewe word.

it-1-E 1130 ¶2

Holiness

Animals and Produce. The firstborn males of cattle, sheep, and goats were counted as holy to Jehovah and were not to be redeemed. They were to be sacrificed, and a portion went to the sanctified priests. (Nu 18:17-19) The firstfruits and the tithe were holy, as were all sacrifices and all gifts sanctified to the service of the sanctuary. (Ex 28:38) All things holy to Jehovah were sacred and could not be considered lightly or used in a common, or profane, way. An example is the law regarding the tithe. If a man set aside the portion to be tithed, say, of his wheat crop, and then he or one of his household unintentionally took some of it for home use, such as cooking, the man was guilty of violating God’s law respecting holy things. The Law required that he make compensation to the sanctuary of an equal amount plus 20 percent, besides offering up a sound ram of the flock as a sacrifice. Thus, great respect was engendered for the holy things belonging to Jehovah.—Le 5:14-16.

Bybelleesgedeelte

(Levitikus 4:27–5:4) “‘As enigeen van die volk van die land onopsetlik sondig en skuldig word deur een van die dinge te doen wat Jehovah beveel het nie gedoen mag word nie, 28 of as hy bewus word van ’n sonde wat hy gepleeg het, dan moet hy ’n jong bokooi sonder gebrek as sy offer bring vir die sonde wat hy gepleeg het. 29 Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer sit en die sonde-offer op dieselfde plek as die brandoffer slag. 30 Die priester moet van die bloed daarvan met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgooi. 31 Hy moet al die vet daarvan verwyder, net soos die vet van die vrede-offer verwyder word, en die priester moet dit op die altaar laat rook as ’n aangename geur vir Jehovah. Die priester moet vir hom versoening doen, en hy sal vergewe word. 32 “‘Maar as hy ’n lam as sy sonde-offer bring, moet hy ’n ooilam sonder gebrek bring. 33 Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer sit en dit as ’n sonde-offer slag op die plek waar die brandoffer geslag word. 34 Die priester moet van die bloed van die sonde-offer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgooi. 35 Hy moet al die vet daarvan verwyder net soos die vet verwyder word van die jong skaapram vir die vrede-offer, en die priester moet dit op die altaar laat rook bo-op Jehovah se vuuroffers. Die priester moet vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gepleeg het, en hy sal vergewe word.

5 “‘As iemand sondig omdat hy ’n openbare oproep gehoor het om getuienis af te lê en hy ’n getuie is of iets gesien het of van iets uitgevind het en hy dit nie rapporteer nie, sal hy die gevolge dra van sy oortreding. 2 “‘Of as iemand aan enigiets onreins raak, of dit nou die dooie liggaam van ’n onrein wilde dier, ’n onrein mak dier of ’n onrein kruipende diertjie is, is hy onrein en het hy skuldig geword, selfs al besef hy dit nie. 3 Of as iemand onwetend aan die onreinheid van ’n mens raak – enigiets onreins wat hom onrein kan maak – en hy daarvan uitvind, dan is hy skuldig. 4 “‘Of as iemand oorhaastig sweer om iets te doen – goed of sleg, ongeag wat dit mag wees – en hy nie daarvan bewus was nie, maar dan besef dat hy oorhaastig gesweer het, is hy skuldig.

23-29 NOVEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 6-7

“’n Teken van dankbaarheid”

(Levitikus 7:11, 12) “‘En dít is die wet van die vrede-offer wat iemand vir Jehovah mag aanbied: 12 As hy dit as ’n teken van sy dankbaarheid aanbied, moet hy die volgende saam met die dankoffer aanbied: ongesuurde ringvormige brode wat met olie gemaak is, ongesuurde platbrode wat met olie gesmeer is en ringvormige brode wat gemaak is met fynmeel wat goed met olie gemeng en met olie geknie is.

w19.11 22 ¶9

Lesse wat ons uit die boek Levitikus kan leer

9 Les twee: Ons dien Jehovah omdat ons dankbaar teenoor hom is. Om dit te beklemtoon, kom ons bespreek die gemeenskapsoffers, nog ’n belangrike deel van ware aanbidding in eertydse Israel. In die boek Levitikus leer ons dat ’n Israeliet ’n gemeenskapsoffer kon offer as ’n teken van sy dankbaarheid (Lev. 7:11-13, 16-18). Hy het hierdie offerande gemaak, nie omdat hy dit moes doen nie, maar omdat hy dit wou doen. So dit was ’n vrywillige offerande wat ’n persoon gemaak het omdat hy lief is vir sy God, Jehovah. Die persoon wat die offerande gemaak het, sy gesin en die priesters sou die vleis van die dier eet wat geoffer is. Maar sekere dele van die dier was net vir Jehovah geoffer. Watter dele?

(Levitikus 7:13-15) Hy moet sy offer saam met ringvormige gesuurde brode en die dankoffer van sy vrede-offers aanbied. 14 Hy moet een van elke soort brood as ’n heilige deel vir Jehovah aanbied. Dit sal aan die priester behoort wat die bloed van die vrede-offers sprinkel. 15 Die vleis van die dankoffer van sy vrede-offers moet geëet word op die dag dat hy dit offer. Hy mag niks daarvan bêre tot die oggend toe nie.

w00 8/15 15 ¶15

Offerandes wat God behaag het

15 Nog ’n vrywillige offerande was die dankoffer, oftewel gemeenskapsoffer, wat in Levitikus hoofstuk 3 beskryf word. Die naam kan ook vertaal word met “’n offerande van vredeoffers”. In Hebreeus beteken die woord “vrede” veel meer as net die afwesigheid van oorlog of stoornis. “In die Bybel dui dit hierop, asook op die toestand of band van vrede met God, voorspoed, vreugde en geluk”, sê die boek Studies in the Mosaic Institutions. Gemeenskapsoffers is dus nie geoffer om vrede met God te bewerkstellig, asof ’n mens hom probeer paai nie, maar eerder om dankbaarheid te toon vir die geseënde toestand van vrede met God wat diegene geniet wat deur hom goedgekeur word of om hierdie toestand te vier. Die priesters en die een wat die offerande gebring het, het daarvan geëet nadat die bloed en die vet aan Jehovah geoffer is (Levitikus 3:17; 7:16-21, NW; 19:5-8, NW). Op ’n pragtige en simboliese manier het die een wat die offerande gebring het, die priesters en Jehovah God ’n maaltyd saam genuttig, wat ’n teken was van die vreedsame verhouding wat tussen hulle bestaan het.

(Levitikus 7:20) “‘Maar enigeen wat onrein is en wat eet van die vleis van die vrede-offer, wat vir Jehovah is, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.

w00 8/15 19 ¶8

Lofofferandes wat Jehovah behaag

8 Wat van die persoon wat die offerande bring? Die Wet het bepaal dat enigiemand wat voor Jehovah verskyn rein en onbesmet moes wees. Iemand wat om die een of ander rede onrein geword het, moes eers ’n sondoffer of skuldoffer bring om sy rein posisie voor Jehovah te herstel sodat sy brandoffer of gemeenskapsoffer vir Hom aanneemlik kon wees (Levitikus 5:1-6, 15, 17). Besef ons dus hoe belangrik dit is om altyd ’n rein posisie voor Jehovah te behou? As ons wil hê dat ons aanbidding vir God aanneemlik moet wees, moet ons vinnig optree om enige oortreding teen God se wette reg te stel. Ons moet nie aarsel om van die godgegewe hulpmiddele gebruik te maak nie—“die ouer manne van die gemeente” en die “soenofferande vir ons sondes”, Jesus Christus.—Jakobus 5:14; 1 Johannes 2:1, 2.

Soek na geestelike skatte

(Levitikus 6:13) Die vuur op die altaar moet voortdurend aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie.

it-1-E 833 ¶1

Fire

As relates to the tabernacle and the temple. Fire figured in the worship carried on at the tabernacle and then later at the temple. Each morning and between the two evenings, the high priest was to burn incense on the altar of incense. (Ex 30:7, 8) God’s law required that the fire on the altar of burnt offering be kept burning continually. (Le 6:12, 13) The traditional Jewish view that the altar fire was originally kindled miraculously by God, though widely accepted, is not actually supported by the Scriptures. According to Jehovah’s initial instructions to Moses, the sons of Aaron were to “put fire on the altar and set wood in order on the fire” before placing the sacrifice on the altar. (Le 1:7, 8) It was after the installation of the Aaronic priesthood, and therefore after the installation sacrifices had been offered, that fire from Jehovah, probably proceeding from the cloud over the tabernacle, consumed the offering then upon the altar. In view of this, the miraculous fire manifested itself, not in kindling the wood on the altar, but in “consuming the burnt offering and the fatty pieces upon the altar.” The fire that then continued to burn on the altar, of course, was likely a result of the mixture of the fire from God and the fire already on the altar. (Le 8:14–9:24) Likewise, miraculous fire from Jehovah consumed the sacrifices right after Solomon’s prayer at the dedication of the temple.—2Ch 7:1; see also Jg 6:21; 1Ki 18:21-39; 1Ch 21:26 for other examples of Jehovah’s use of miraculous fire when accepting the offerings of his servants.

(Levitikus 6:25) “Sê vir Aäron en sy seuns: ‘Dít is die wet van die sonde-offer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sonde-offer ook voor Jehovah geslag word. Dit is iets wat besonder heilig is.

si 27 ¶15

Bybelboek nommer 3—Levitikus

15 (3) ’n Sondoffer word vereis vir onopsetlike sondes, of sondes wat per abuis begaan is. Die soort dier wat geoffer word, hang af van die persoon vir wie se sonde versoening gedoen moet word—die priester, die volk in sy geheel, ’n owerste of ’n gewone persoon. Anders as die vrywillige brand- en gemeenskapsoffers vir individue is die sondoffer verpligtend.—4:1-35; 6:24-30.

Bybelleesgedeelte

(Levitikus 6:1-18) Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “As iemand sondig en ontrou is aan Jehovah deur sy naaste te bedrieg in verband met iets wat aan hom toevertrou is of wat vir hom gegee is om te bewaar, of as hy sy naaste beroof of uitbuit, 3 of as hy iets vind wat weggeraak het en daaroor lieg, en as hy vals sweer oor enige soortgelyke sonde wat hy gepleeg het, moet hy die volgende doen: 4 As hy gesondig het en skuldig is, moet hy teruggee wat hy gesteel het, wat hy van iemand afgepers het, wat hy deur bedrog geneem het, wat aan hom toevertrou was of wat weggeraak het en wat hy gevind het, 5 of enigiets waaroor hy vals gesweer het. Hy moet die volle vergoeding betaal daarvoor, en hy moet ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg. Hy moet dit aan die eienaar gee op die dag dat sy skuld bewys word. 6 En hy moet as sy skuldoffer vir Jehovah ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee, volgens die vasgestelde waarde, as ’n skuldoffer na die priester toe bring. 7 Die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah, en hy sal vergewe word vir enigiets wat hy gedoen het waardeur hy skuldig geword het.” 8 Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 9 “Beveel Aäron en sy seuns en sê: ‘Dít is die wet van die brandoffer: Die brandoffer moet die hele nag lank tot die oggend toe op die vuur op die altaar bly, en die vuur moet op die altaar aan die brand gehou word. 10 Die priester moet sy ampsdrag van linne aantrek, en hy moet die kortbroek van linne aantrek om sy kaal liggaam te bedek. Dan moet hy die as van die brandoffer wat deur die vuur op die altaar verteer is, verwyder en dit langs die altaar sit. 11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek en die as na ’n rein plek buite die kamp neem. 12 Die vuur op die altaar moet aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. Die priester moet elke oggend hout daarop brand en die brandoffer daarop regsit, en hy moet die vet van die vrede-offers daaroor laat rook. 13 Die vuur op die altaar moet voortdurend aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. 14 “‘En dít is die wet van die graanoffer: Julle, die seuns van Aäron, moet dit voor Jehovah voor die altaar aanbied. 15 Een van hulle moet ’n hand vol neem van die fynmeel van die graanoffer en van die olie en al die wierook wat op die graanoffer is, en hy moet dit as ’n simbool van die hele offer op die altaar laat rook as ’n aangename geur vir Jehovah. 16 Aäron en sy seuns moet eet wat daarvan oorbly. Dit moet as ongesuurde brood op ’n heilige plek geëet word. Hulle moet dit in die voorhof van die tent van samekoms eet. 17 Dit mag nie met suurdeeg gemaak word nie. Ek het dit as hulle deel uit my vuuroffers gegee. Dit is iets besonder heiligs, soos die sonde-offer en soos die skuldoffer. 18 Elke man onder die seuns van Aäron sal dit eet. Dit is in al julle geslagte ’n permanente voorsiening vir hulle uit Jehovah se vuuroffers. Alles wat daaraan raak, sal heilig word.’”

30 NOVEMBER–6 DESEMBER

SKATTE UIT GOD SE WOORD | LEVITIKUS 8-9

“’n Bewys van Jehovah se seën”

(Levitikus 8:6-9) Toe het Moses Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas. 7 Daarna het hy vir Aäron die kleed aangetrek, die lyfband om sy middel gesit, vir hom die moulose oorkleed en die efod aangetrek en dit met die geweefde lyfband van die efod styf om hom vasgebind. 8 Daarna het hy vir hom die borsstuk aangesit en die Urim en die Tummim in die borsstuk gesit. 9 Toe het hy die tulband op sy kop gesit en die blink goue plaat, die heilige toewydingsteken, aan die voorkant van die tulband gesit, net soos Jehovah Moses beveel het.

(Levitikus 8:12) Laastens het hy van die salfolie op Aäron se kop uitgegooi en hom gesalf om hom te heilig.

it-1-E 1207

Installation

Moses washed Aaron and Aaron’s sons Nadab, Abihu, Eleazar, and Ithamar (or, he commanded them to wash themselves) at the copper basin in the courtyard and put upon Aaron the glorious garments of the high priest. (Nu 3:2, 3) Now clothed in beautiful apparel, Aaron was invested with the garments representing the qualities and responsibilities of his office. Moses then anointed the tabernacle, all its furnishings and utensils, and the altar of burnt offering, as well as the basin and the utensils used in connection with them. This sanctified them, set them aside for the exclusive use and service of God for which they would now be employed. Finally Moses anointed Aaron by pouring the oil upon his head.—Le 8:6-12; Ex 30:22-33; Ps 133:2.

(Levitikus 9:1-5) Op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die ouermanne van Israel geroep. 2 Hy het vir Aäron gesê: “Neem vir jou ’n jong kalf as ’n sonde-offer en ’n skaapram as ’n brandoffer, diere sonder gebrek, en bied hulle voor Jehovah aan. 3 Maar jy moet vir die Israeliete sê: ‘Neem ’n bokram as ’n sonde-offer en ’n kalf en ’n jong skaapram, elk ’n jaar oud, sonder gebrek, as ’n brandoffer, 4 en ’n bul en ’n skaapram as vrede-offers om voor Jehovah te offer, en ’n graanoffer wat met olie gemeng is, want vandag sal Jehovah aan julle verskyn.’” 5 Hulle het dus alles wat Moses beveel het voor die tent van samekoms gebring. Toe het die hele gemeenskap van Israel nader gekom en voor Jehovah gaan staan.

it-1-E 1208 ¶8

Installation

On the eighth day, fully equipped and installed in office, the priesthood officiated (without Moses’ assistance) for the first time, performing an atonement service for the nation of Israel, especially in need of cleansing not only because of their natural sinfulness but also because of their recent disobedience in connection with the golden calf, which had brought Jehovah’s displeasure. (Le 9:1-7; Ex 32:1-10) At the conclusion of this first service by the newly installed priesthood, Jehovah manifested his approval and confirmation of them in office by sending miraculous fire, doubtless from the pillar of cloud above the tabernacle, devouring the remainder of the sacrifice on the altar.—Le 9:23, 24.

(Levitikus 9:23, 24) Uiteindelik het Moses en Aäron in die tent van samekoms ingegaan, en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Toe het Jehovah se heerlikheid aan die hele volk verskyn, 24 en vuur het van Jehovah af gekom en die brandoffer en die stukke vet op die altaar begin verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle begin uitroep en met hulle gesigte na die grond toe neergebuig.

w19.11 23 ¶13

Lesse wat ons uit die boek Levitikus kan leer

13 Les vier: Jehovah seën die aardse deel van sy organisasie. Dink aan wat in 1512 VHJ gebeur het toe die tabernakel aan die onderkant van die berg Sinai opgerig is (Eks. 40:17). Moses het die seremonie gelei toe Aäron en sy seuns as priesters aangestel is. Die nasie Israel het bymekaargekom om te sien hoe die priesters hulle eerste diereofferandes maak (Lev. 9:1-5). Hoe het Jehovah gewys dat hy die nuut aangestelde priesterdom goedkeur? Terwyl Aäron en Moses die volk geseën het, het Jehovah vuur uit die hemel gestuur om die res van die offerande op die altaar te verbrand. – Lees Levitikus 9:23, 24.

Soek na geestelike skatte

(Levitikus 8:6) Toe het Moses Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.

w14 11/15 9 ¶6

Waarom ons heilig moet wees

6 Die vereiste dat Israel se priesterdom fisies skoon moes wees, is vir Jehovah se hedendaagse volk betekenisvol. Diegene met wie ons die Bybel studeer, let dikwels op dat ons plekke van aanbidding skoon is en dat ons skoon en netjies geklee is. Maar die reinheid van die priesterdom help ons om te besef dat enigeen wat opgaan na die verhewe berg van Jehovah se aanbidding, “rein van hart” moet wees. (Lees Psalm 24:3, 4; Jes. 2:2, 3.) Ons heilige diens aan God moet met ’n gereinigde verstand en hart sowel as ’n skoon liggaam verrig word. Dit vereis gereelde selfondersoek, waarna party dalk groot veranderinge moet maak sodat hulle heilig kan wees (2 Kor. 13:5). ’n Gedoopte persoon wat byvoorbeeld opsetlik na pornografie kyk, moet hom afvra: ‘Toon ek dat ek heilig is?’ Dan moet hy hulp kry om van hierdie walglike gewoonte ontslae te raak.—Jak. 5:14.

(Levitikus 8:14-17) Toe het hy die bul vir die sonde-offer gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit. 15 Moses het dit geslag en van die bloed met sy vinger aan elkeen van die horings van die altaar gesmeer en die altaar van sonde gereinig, maar die res van die bloed het hy aan die voet van die altaar uitgegooi, sodat hy dit kon heilig om daarop versoening te doen. 16 Daarna het hy al die vet wat aan die ingewande was, die vet aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar laat rook. 17 Toe het hy die res van die bul, sy vel, sy vleis en sy mis buite die kamp met vuur laat verbrand, net soos Jehovah Moses beveel het.

it-2-E 437 ¶3

Moses

God constituted Moses mediator of the Law covenant with Israel, an intimate position such as no man has ever held before God except Jesus Christ, the Mediator of the new covenant. With the blood of animal sacrifices Moses sprinkled the book of the covenant, representing Jehovah as one “party,” and the people (no doubt the representative older men) as the other “party.” He read the book of the covenant to the people, who replied, “All that Jehovah has spoken we are willing to do and be obedient.” (Ex 24:3-8; Heb 9:19) In his office of mediator, Moses was privileged to oversee the building of the tabernacle and the making of its utensils, the pattern of which God gave to him, and to install the priesthood in office, anointing the tabernacle and Aaron the high priest with the oil of special composition. Then he took oversight of the first official services of the newly consecrated priesthood.—Ex chaps 25-29; Le chaps 8, 9.

Bybelleesgedeelte

(Levitikus 8:31–9:7) Toe het Moses vir Aäron en sy seuns gesê: “Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms, en julle moet dit daar eet met die brood wat in die mandjie vir die inhuldiging is, net soos ek beveel is: ‘Aäron en sy seuns moet dit eet.’ 32 Wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand. 33 Julle mag sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie, totdat die dae van julle inhuldiging verby is, want dit sal sewe dae neem om julle as priesters in te huldig. 34 Dit was Jehovah wat ons beveel het om te doen wat ons vandag gedoen het, sodat daar versoening vir julle gedoen kan word. 35 Julle moet sewe dae lank dag en nag by die ingang van die tent van samekoms bly en julle verpligting teenoor Jehovah nakom, sodat julle nie sterf nie, want so is ek beveel.” 36 En Aäron en sy seuns het alles gedoen wat Jehovah deur middel van Moses beveel het.

9 Op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die ouermanne van Israel geroep. 2 Hy het vir Aäron gesê: “Neem vir jou ’n jong kalf as ’n sonde-offer en ’n skaapram as ’n brandoffer, diere sonder gebrek, en bied hulle voor Jehovah aan. 3 Maar jy moet vir die Israeliete sê: ‘Neem ’n bokram as ’n sonde-offer en ’n kalf en ’n jong skaapram, elk ’n jaar oud, sonder gebrek, as ’n brandoffer, 4 en ’n bul en ’n skaapram as vrede-offers om voor Jehovah te offer, en ’n graanoffer wat met olie gemeng is, want vandag sal Jehovah aan julle verskyn.’” 5 Hulle het dus alles wat Moses beveel het voor die tent van samekoms gebring. Toe het die hele gemeenskap van Israel nader gekom en voor Jehovah gaan staan. 6 En Moses het gesê: “Dit is wat Jehovah julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van Jehovah aan julle kan verskyn.” 7 Toe het Moses vir Aäron gesê: “Gaan na die altaar en bied jou sonde-offer en jou brandoffer aan, en doen versoening vir jou en vir jou huis. Bied die offer van die volk aan en doen versoening vir hulle, net soos Jehovah beveel het.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel