Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb25 Januarie bl. 14-15
  • 24 Februarie–2 Maart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 24 Februarie–2 Maart
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2025
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2025
mwb25 Januarie bl. 14-15

24 FEBRUARIE–2 MAART

SPREUKE 2

Lied 35 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Hoekom moet jy jou hart en siel in jou persoonlike studie sit?

(10 min.)

Om te wys dat die waarheid vir jou kosbaar is (Spr 2:​3, 4; w22.08 19 ¶16)

Om jou te help om goeie besluite te maak (Spr 2:​5-7; w22.10 19 ¶3-4)

Om jou geloof te versterk (Spr 2:​11, 12; w16.09 23 ¶2-3)

’n Israelitiese man gebruik ’n pik in ’n grot.

VRA JOU AF: ‘Hoe kan ek my roetine vir persoonlike studie verbeter?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Spr 2:​1-5 – Hoekom moet jy aanhou om van Jehovah te leer? (bhs hfst. 19 ¶10)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

(4 min.) Spr 2:​1-22 (th studie 12)

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(4 min.) HUIS TOT HUIS. Wys vir ’n persoon hoe om inligting op jw.org te vind wat getroude paartjies kan help (lmd les 1: Punt 3).

5. Volg op

(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Bied ’n tydskrif aan oor ’n onderwerp waarin die persoon belanggestel het gedurende julle vorige gesprek (lmd les 9: Punt 3).

6. Toespraak

(5 min.) lmd Aanhangsel A: Punt 8 – Tema: ’n Man en vrou moet lojaal aan mekaar wees (th studie 13).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 96

7. Is jy opsoek na skatte?

(15 min.) Bespreking.

Jongmense hou julle van die idee om na skatte te soek wat weggesteek is? As dit die geval is, nooi die Bybel jou om na die waardevolste skat in die heelal te soek – die kennis van God! (Spr 2:​4, 5). Jy kan hierdie skat vind deur tyd te maak om die Bybel gereeld te lees en navorsing te doen oor die verslae wat jy lees. As jy dit doen, kan jy dit baie geniet en sal jy baie daaruit leer!

  • Watter vrae kan jy jouself vra wanneer jy die Bybel lees? (w24.02 32 ¶2-3)

  • Watter hulpmiddele kan jy gebruik om die antwoorde te vind?

’n Seuntjie is baie opgewonde terwyl hy ’n skatkis oopmaak.

Die video-reeks Leer by Jehovah se vriende kan jou help om te leer hoe om na te dink oor wat jy in die Bybel gelees het.

’n Jong broer doen persoonlike studie. Die brosjure “Is lewe geskep?” is op sy tafel.

Speel die VIDEO Leer by Jehovah se vriende – Abel.

Lees Genesis 4:​2-4 en Hebreërs 11:4. Vra dan vir die gehoor:

  • Hoe het Abel gewys dat hy Jehovah se vriend is?

  • Hoe het Abel sy geloof in Jehovah versterk?

  • Hoe kan jy jou geloof versterk?

WENK

Wanneer jy die Bybel lees, doen ’n bietjie navorsing oor die mense, plekke en dinge waaroor jy gelees het, selfs dié wat jy dink jy goed ken. Wanneer jy die Bybel op hierdie manier studeer, word wat jy lees vir jou ’n werklikheid!

8. Gemeentelike Bybelstudie

(30 min.) bt hfst. 23 ¶1-8 en inleiding tot deel 8

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 102 en gebed

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel