Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w20 September bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe Christene moet voel oor bevryding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Regering
    Redenering uit die Skrif
  • Die Christelike beskouing van gesag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
w20 September bl. 31
’n Voorstelling van Jehovah wat op ’n smaraggroen troon sit en omring is deur baie engele. Flitsende helder lig is rondom die troon.

Vrae van lesers

Verwys Prediker 5:8 na menseheersers, of is Jehovah betrokke?

Hierdie interessante vers sê: “As jy sien dat die arme onderdruk word en dat daar nie reg en regverdigheid in jou gebied is nie, moet jy nie verbaas wees nie. Daardie hoë amptenaar word dopgehou deur iemand wat hoër as hy is, en daar is ander wat selfs hoër as hulle is.” – Pred. 5:8.

Uit ’n menslike oogpunt beskryf hierdie vers mense met gesag in die regering. Maar as ons ’n bietjie meer daaroor dink, beskryf dit ook ’n waarheid omtrent Jehovah, wat ons kan vertroos en gerusstel.

Prediker 5:8 verwys na ’n heerser wat die arme onderdruk en onregverdig behandel. Die heerser moet in gedagte hou dat hy moontlik deur iemand dopgehou word wat in ’n hoër posisie as hy is, of wat meer gesag in die regering as hy het. Om die waarheid te sê, daar is dalk ander wat selfs in ’n hoër posisie is. Ongelukkig, in menseregerings, is al hierdie heersers dalk korrup en die mense kry swaar as gevolg van al hierdie korrupsie.

Maar al lyk dit asof daar nie hoop is nie, vertroos dit ons om te weet dat Jehovah ‘selfs hoë amptenare dophou’ in menseregerings. Ons kan God vra om ons te help en ons las vir hom gee (Ps. 55:22; Fil. 4:6, 7). Ons weet dat “die oë van Jehovah . . . die hele aarde [deursoek] om dié te ondersteun wat met hulle hele hart op hom vertrou”. – 2 Kron. 16:9.

So Prediker 5:8 herinner ons aan die wêreld waarin ons lewe en dat daar altyd iemand is wat meer gesag het. Maar nog belangriker, die vers kan ons herinner aan die feit dat Jehovah die hoogste, ja, die Oppergesag is. Hy heers nou deur middel van sy Seun, Jesus Christus, die Koning van die Koninkryk. Die Almagtige, wat alles sien, is heeltemal regverdig en sy Seun is ook heeltemal regverdig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel