BYBELUITDRUKKING
Gebruik jou “geestelike gawe”
Ons almal waardeer die wedersydse aanmoediging wat ons met ons Christenbroers en -susters geniet. Maar daardie aanmoediging vereis meer as om net saam te wees. Die Bybel noem ons vermoë om mekaar se geloof te versterk ’n “geestelike gawe” (Rom. 1:11, 12). Hoe kan ons goed gebruik maak van daardie gawe?
Moedig ander aan deur wat jy sê. Byvoorbeeld, ons kan kommentare by vergaderinge gee wat nie op onsself fokus nie, maar op Jehovah, sy Woord en sy volk. Wanneer ons met medegelowiges gesels, kan ons kies om oor opbouende onderwerpe te praat.
Moedig ander aan deur wat jy doen. Byvoorbeeld, party het gekies om in die voltydse diens te bly ten spyte van persoonlike uitdagings. Ander ondersteun gereeld die Lewe en Bediening-vergadering ten spyte van ’n baie besige werkrooster of ’n chroniese gesondheidsprobleem.
Moedig jy jou broers en susters aan deur wat jy sê en doen? En sien jy die dinge raak wat jou broers en susters sê en doen om jou aan te moedig?