Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 145
  • Gehoorsaamheid het ons lewe gered!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gehoorsaamheid het ons lewe gered!
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle sorg is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat word by ’n takkantoor gedoen?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Toon besorgdheid oor die “kudde van God”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Herders, volg die grootste Herders na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 145

INDONESIË

Gehoorsaamheid het ons lewe gered!

Blasius da Gomes

  • GEBORE 1963

  • GEDOOP 1995

  • PROFIEL ’n Ouer man wat liefdevol na die kudde omgesien het gedurende godsdienskonflik op Ambon, wat deel is van die Maluku-eilande.

Blasius da Gomes

OP 19 Januarie 1999 het toenemende vyandigheid tussen Moslems en Christene aanleiding gegee tot geweld omtrent drie kilometer van my huis af. Die situasie het groot chaos veroorsaak.a

Nadat ek seker gemaak het dat my familie veilig is, het ek ander verkondigers gebel om seker te maak dat hulle ook veilig is. Ek het hulle aangespoor om kalm te bly en gevaarlike plekke te vermy. Later het die ouer manne die kudde besoek om hulle geestelik te versterk en hulle aan te spoor om in klein groepe vir aanbidding bymekaar te kom.

In ooreenstemming met die takkantoor se riglyne het ons alle verkondigers wat in gevaarlike gebiede gewoon het, aangespoor om dit te ontruim. ’n Broer wat geweier het om te luister, is later deur ’n gewapende skare doodgemaak. Maar almal wat die takkantoor se riglyne gevolg het, het oorleef.

a Die konflik het meer as twee jaar regoor die provinsie Maluku gewoed, en tienduisende mense moes hulle huise verlaat.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel