Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 1/22 bl. 31
  • Die walrus en die dwelmhandel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die walrus en die dwelmhandel
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2014
  • Ivoor—Hoeveel is dit werd?
    Ontwaak!—1998
  • Die koddige vlakvark
    Ontwaak!—1993
  • Waarom word hulle bedreig?
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 1/22 bl. 31

Die walrus en die dwelmhandel

DIT sal moeilik wees om aan twee groot soogdiere te dink wat meer van mekaar verskil as die walrus en die olifant. Maar die enorme, sluimerige robbe wat op die ysblokke van die Bering-see luier, het dieselfde probleem as die vorstelike swerwers van die Afrika-veld: Hulle kosbaarste besitting beteken dikwels hulle ontydige dood. Hulle het albei ivoortande.

Miskien nog meer as die olifant is die walrus op sy tande aangewese om aan die lewe te bly. Wanneer hy na die seebodem duik op soek na kos, gly hy op sy tande vooruit terwyl hy mossels en oesters met sy lippe opsuig. Wanneer hy ’n ysblok wil opklouter om in die son te bak, gebruik hy sy tande as gryphake om sy massa van 900 tot 1400 kilogram uit die water te trek. ’n Walruskoei gebruik haar tande om enige roofdier wat haar kleintjies bedreig die doodstryd aan te sê.

Maar ongelukkig vir die walrus heg mense ook waarde aan sy tande. Die mens het ’n eindelose dors na ivoor. En ’n drie of vier meter lange walrus wat in die Noordpoolson rondluier, is nie ’n moeilike teiken vir ’n man met ’n selflaaier nie. Party Alaskane vaar dus gereeld in klein bootjies in die Bering-see rond, skiet al die walrusse waarop hulle afkom en keer dan terug met ’n bootvrag getande koppe wat met ’n kettingsaag afgesaag is.

So ver klink die verhaal alte bekend, maar dié keer het dit ’n vreemde kinkel: dwelms. Jong Eskimo’s van Alaska gebruik blykbaar walrustande om hulle dwelmverslaafdheid te finansier. En soos die tydskrif Newsweek sê: “Die wisselkoers is verskriklik goedkoop.” ’n Spesiale agent in diens van die VSA se Fish and Wildlife Service het aan die tydskrif gesê dat handelaars in die swart mark ’n stel tande—wat tot R2 100 werd is—vir ses daggasigarette kan koop.

Die wet bied meer beskerming aan die jagters as aan die slagoffers. Inboorlinge van Alaska word toegelaat om die walrus te jag vir kos. Hulle kan natuurlik die tande hou as ’n neweproduk vir gebruik in inboorlingkunswerk. Dié wet klink billik, maar dit is vol skuiwergate vir die gewetenloses. Party ivoorhandelaars, wat nie inboorlinge is nie, het by Eskimo-vroue ingetrek net sodat hulle kan sê dat hulle stapel tande vir die inboorlingkuns bedoel is.

Terwyl die slagting voortduur, neem kommer toe. Mense wat walrusse wettig jag, en dié wat werklik die ivoor vir kunswerk gebruik, voel dat hulle lewensonderhoud bedreig word. Ouer Eskimo’s vind die ontluikende plaag van dwelmverslaafdheid onder hulle jongmense skrikwekkend. En die walrusse? Daar is nog ongeveer 250 000 in die Stille Oseaan en hulle word dus nie as bedreig beskou nie. Maar hulle koplose karkasse spoel by die honderde op die land uit. Soveel karkasse spoel op Siberiese strande uit dat die Sowjetunie by die Verenigde State daarop aandring dat die slagting stopgesit word. Maar hoe lank sal die walrus veilig wees teen uitwissing terwyl sy tande geld beteken vir hebsugtiges en dwelms vir bandeloses?

[Foto-erkenning op bladsy 31]

H. Armstrong Roberts

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel