Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 6/8 bl. 27
  • ’n Brief van waardering

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Brief van waardering
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Wagtoring en die Ontwaak!—tydige tydskrifte van waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Lees jy die tydskrifte?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Bied die goeie nuus aan—Met tydskrifte
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 6/8 bl. 27

’n Brief van waardering

’N PAAR maande gelede het Ontwaak! ’n brief van ’n jong skolier ontvang waarin sy die volgende sê:

“Julle tydskrifte is die leersaamste, maklikste om te lees en te verstaan, tydigste en aanmoedigendste wat ek nog gelees het. Hulle dra die waarheid van God se Woord nougeset oor. Hulle behandel aktuele sake met begrip en ’n hoop vir die toekoms.

“Die woordeskat wat gebruik word, is maklik genoeg vir ’n jongmens om te verstaan, baie makliker as ander tydskrifte, ensiklopedieë en naslaanwerke. En hulle is tydig. Ek wonder dikwels oor iets, en dan is die antwoord in die volgende nommer.

“Ek is ’n hoërskoolleerling en moet baie navorsing doen vir take en verskeie projekte, en ek het baie naslaanwerke nodig. Dit is waar julle tydskrifte so handig te pas kom. Ek is bly om te kan sê dat die inligting vir die meeste van my projekte uit die tydskrifte kom. Dit lyk vir my asof ek, elke keer as ek ’n onderwerp vir ’n projek nodig het, dit maar net in die tydskrif hoef te gaan soek. Of, wanneer ek iets by die skool leer, is daar ’n artikel oor juis daardie onderwerp om my te help om dit te verstaan.

“Ek het byvoorbeeld ’n onderwerp nodig gehad vir ’n wetenskapprojek vir die Wetenskapskou waarvoor ons moes inskryf. Dit moes bestaan uit drie plakkate, ’n verslag en ’n model. Ek het toe besluit om ’n onderwerp te behandel waaroor baie mense vandag wonder: die kweekhuiseffek. Dit is in die Ontwaak! van 8 September 1989 bespreek. Ek het die illustrasie op die binneblad gebruik as ’n idee vir een plakkaat en die illustrasie op bladsy 7 vir ’n ander. Die derde plakkaat was van die lae van die atmosfeer. Ek het ook die inligting in die artikels in my verslag gebruik. Almal het gehou van my projek en die manier waarop ek dit aangebied het, veral my biologie-onderwyser. Hy het my ’n A gegee en ek het die eerste prys gekry in my afdeling, Ekologie en Bewaring.

“In Maart het ek toe ’n onderwerp nodig gehad vir my Noodhulptaak. In die Ontwaak! van 22 Maart 1990 het ek ’n artikel gesien oor asma en die behandeling daarvan. Ek het besluit om die illustrasie op bladsy 17 vir die plakkaat te gebruik en die inligting vir ’n verslag. Ek het ook vir hierdie projek ’n A gekry.

“In ons Amerikaanse Geskiedenisklas het ons antieke beskawings soos dié van die Majas, Asteke en Inkas bestudeer, en wil jy glo, toe ek een aand by die huis kom, lê die Ontwaak! van 8 Mei 1990 in die posbus vir my en wag. Ek het hom uit sy koevert gehaal om hom deur te kyk en kom toe af op die artikel op bladsy 13 wat die Majabeskawing bespreek. Ek was so bly. Ek het die artikel dadelik gelees en vir my geskiedenisonderwyser ’n eksemplaar daarvan gegee.

“Dankie vir al hierdie tydige inligting wat hierdie projekte ’n leersame ondervinding en ’n plesier, pleks van ’n las, maak. Die tydskrifte is waarlik soos kosbare juwele. Ek sal hulle vir niks verruil nie. Hulle is werklik nuttig, veral vir jongmense soos ek wie se aandag so maklik afgetrek kan word. Deur die tydskrifte te lees, met inbegrip van die ‘Jongmense vra’-artikels, word ons versterk sodat ons hierdie afleidings kan weerstaan en ons oë op die prys van die ewige lewe kan hou. Baie dankie vir julle harde werk om hierdie tydskrifte voor te berei sodat ons dit kan verstaan en geniet.”—Bygedra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel