Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/90 bl. 4
  • Bied die goeie nuus aan—Met tydskrifte

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die goeie nuus aan—Met tydskrifte
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • NIE SOOS SEKULÊRE TYDSKRIFTE NIE
  • ONS MOET ONS DEEL BYDRA
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Die Wagtoring en die Ontwaak!—tydige tydskrifte van waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met tydskrifte
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 9/90 bl. 4

Bied die goeie nuus aan—Met tydskrifte

1 Geen ander tydskrif het al ooit so ’n goeie uitwerking op die lewe van mense gehad soos Die Wagtoring en Ontwaak! nie. Elke nommer is vol lewegewende geestelike voedsel. Die resultate van diepgaande navorsing wat met kragtige skriftuurlike ondersteuning aangebied word, laat die boodskap van die waarheid in ons verstand en hart insink.

2 In Die Wagtoring word Bybelleringe verduidelik, en ons aandag word gevestig op die vervulling van Bybelprofesieë. Dit spoor almal wat geestelik honger is aan om hulle denke te verander en hulle met die nuwe mens te beklee (Rom. 12:2, NAV; Ef. 4:22-24). Ontwaak! lig sy lesers in oor betekenisvolle gebeure in die wêreld. Sy treffende illustrasies wat die wondere van die skepping uitbeeld, wek belangstelling in die nuwe wêreld en vergroot ons waardering vir die liefdevolle Skepper.

NIE SOOS SEKULÊRE TYDSKRIFTE NIE

3 Sekulêre tydskrifte toon nie aan mense hoe hulle ’n bevredigende lewe in hierdie wêreld kan geniet nie. Hulle bied geen hoop vir die toekoms en leer mense nie hoe om die ewige lewe te verkry nie. Daardie wêreldse tydskrifte is daarop gemik om die dinge van die wêreld te bevorder. Wat ’n kontras met Die Wagtoring en Ontwaak!—1 Joh. 2:15-17.

4 Jy het ongetwyfeld ’n diep gevoel van dankbaarheid vir elke nommer van Die Wagtoring en Ontwaak!—tydskrifte wat ’n soet geur van waarheid van ‘die getroue bestuurder’ bevat (Luk. 12:42). Wat kan ons doen sodat ons meer tydskrifte versprei en sodoende meer mense help om by ons tydskrifte baat te vind?

ONS MOET ONS DEEL BYDRA

5 Voordat ons opregtes van hart behoorlik kan aanspoor om ons tydskrifte te lees, moet ons weet wat elke tydskrif bevat. Dit vereis dat ons elke nommer lees voordat ons dit in die bediening gebruik. As ons deeglik met die inhoud daarvan vertroud is, kan ons geleenthede soos die huis-tot-huisbediening, straatwerk en informele getuieniswerk vir tydskrifverspreiding gebruik.

6 As ons boonop die jongste tydskrifte by ons het terwyl ons inkopies doen, openbare vervoer gebruik, by die skool is, by ons werk is of waar ons ook al gaan, sal ons gepaste geleenthede kan aangryp om te getuig. ’n Goed gekose inleiding uit die Redenering-boek tesame met ’n gedagte uit een van die artikels kan ’n persoon se begeerte wek om ons tydskrifte te lees.

7 Hoewel ons gesprekke dalk kort is wanneer ons die tydskrifte aanbied, het ons nie nodig om ons bespreking tot net ’n minuut of wat te beperk nie. Ons wil genoeg tyd afstaan om vas te stel of die persoon werklik in die boodskap belangstel en of hy die tydskrif sal lees. As vrae opkom, moet ons altyd probeer om hulle te beantwoord deur ons Bybel of die Redenering-boek ten volle te gebruik. As ons gereed is om ons geloof te verdedig, kan ons wonderlike seëninge maai.—1 Pet. 3:15.

8 As die persoon instem om die tydskrifte te lees, kan ons praat oor die aard van ons werk en meld dat hierdie tydskrifte twee keer per maand gepubliseer word as deel van ’n wêreldwye Bybelopvoedkundige werk. Die informasie op bladsy 2 van Die Wagtoring of bladsy 4 van Ontwaak! verduidelik dit baie mooi. Aangesien die inhoud van die daaropvolgende nommers altyd gemeld word, kan ons verwante vrae stel of die aandag op die komende artikels vestig. Dit kan die persoon se belangstelling wek en hom beweeg om te vra of hy daardie nommer kan kry wanneer dit verskyn. Dit kan die begin van ’n tydskrifroete wees.

9 Mag ons ons pas versnel om opregtes van hart te help om uit Babilon die Grote te vlug en in die waarheid te kom terwyl die einde van hierdie stelsel nader kom (Openb. 18:4). Die Wagtoring en Ontwaak! speel ’n belangrike rol in ons wêreldwye Bybelopvoedkundige werk. Ons is dankbaar dat Jehovah hulle voorsien het sodat ons dit in die bediening kan gebruik. Mag Jehovah voortgaan om ons noukeurige en intensiewe gebruik van hierdie tydskrifte te seën!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel