Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 12/8 bl. 8-9
  • ’n Rooskleurige toekoms vir kinders

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Rooskleurige toekoms vir kinders
  • Ontwaak!—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Weë is voorspel
  • ’n Rooskleurige toekoms
  • Lewe ons in “die laaste dae”?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • ’n Nuwe wêreld is ophande!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Wanneer sal die voorspelde wêreldvernietiging kom?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • God se voorneme gaan binnekort verwesenlik word
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 12/8 bl. 8-9

’n Rooskleurige toekoms vir kinders

BY DIE Wêreldspitsberaad vir Kinders het baie wêreldleiers met vertroue oor die toekoms gepraat. Hulle het “’n nuwe era” vir kinders voorspel, “’n nuwe toegewydheid aan die behoeftes van die kind”. Hulle het gepraat van “‘’n nuwe samehorigheidsgevoel’ wat ‘’n verenigde en vasbeslote wêreldbondgenootskap laat ontstaan’” om die kinders te help.

Dit is edele woorde. Maar ons sal moet sien presies hoe ver die nasies sal gaan om hulle doelwitte te bereik. Dit is insiggewend dat die nasies binne vyf maande ná die spitsberaad ’n oorlog in die Persiese Golf gevoer het wat tot dusver een van die duurste—R168 miljard—en skadelikste vir die omgewing was. Ná die oorlog was honderdduisende mense in Irak en Koeweit ontwortel. Duisende het gesterf—op een tydstip honderde mense elke dag—van honger, weens ontberings, ondervoeding en siektes. Ongeveer 8 uit 10 van hulle was vroue en kinders.

Weë is voorspel

Studente van God se Woord weet dat die probleme waarmee die wêreld se kinders te kampe het bykans tweeduisend jaar gelede voorspel is. Die Bybel het aangaande hierdie “laaste dae” voorspel:

◻ ‘Daar sal pessiektes wees.’—Lukas 21:11.

◻ “Daar sal hongersnode wees.”—Mattheüs 24:7.

◻ ‘Mense sal die aarde verderf.’—Openbaring 11:18.

◻ “Die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander.”—Markus 13:8.

◻ ‘Daar sal swaar tye kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, sonder natuurlike liefde.’—2 Timotheüs 3:1-3.

Die Bybel het ook voorspel dat die tyd binnekort sal aanbreek wanneer die nasies sal dink hulle maak genoeg vordering in die oplossing van die mensdom se probleme sodat hulle sal uitroep: “Vrede en veiligheid”!—1 Thessalonicense 5:3.

’n Rooskleurige toekoms

Maar daardie uitroep sal in werklikheid die tyd aankondig wanneer God in die mensdom se aangeleenthede gaan ingryp. God sal deur middel van sy hemelse Koninkryk hierdie hedendaagse stelsel van dinge uit die weg ruim en ’n nuwe wêreld van ware vrede en blywende veiligheid vir kinders sowel as volwassenes inlui.—Spreuke 2:21, 22; Daniël 2:44; Mattheüs 6:10.

Onder God se luisterryke Koninkryksreëling ‘sal geen inwoner sê: Ek is siek nie’ (Jesaja 33:24). Ondervoeding sal tot die verlede behoort: “Daar [sal] volheid van koring wees in die land, op die top van die berge” (Psalm 72:16). Daar sal selfs nie meer oorloë wees nie, want die Bybel belowe dat Jehovah “die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde”.—Psalm 46:10.

Maar wat van al die kinders—en ander—wat reeds weens ondervoeding, siektes of ander oorsake gesterf het? God se geïnspireerde Woord sê dat “daar ’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges”.—Handelinge 24:15.

Terwyl Jesus Christus op die aarde was, het hy bewys gelewer dat kinders ook tot lewe in God se nuwe wêreld opgewek gaan word. Toe ’n meisie van omtrent 12 jaar byvoorbeeld gesterf het, het ‘almal gehuil en oor haar rou bedryf’. Maar toe het Jesus die kind by die hand geneem en vir haar gesê: “Dogtertjie, staan op!” Die geskiedenisverslag sê: “Sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.” Hoe het haar ouers gereageer? Die Bybel sê: “Hulle was buite hulleself van groot ekstase.”—Lukas 8:40-42, 49-56; Markus 5:42, NW.

By ’n ander geleentheid het Jesus ’n begrafnisstoet teëgekom met ’n weduwee wie se enigste seun gesterf het. Jesus “het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op! En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy [Jesus] het hom aan sy moeder teruggegee.” Diegene wat daar naby was, het “God verheerlik”.—Lukas 7:11-16.

Kinders, onder andere dié wat opgewek gaan word, sal dus die rooskleurigste toekoms moontlik hê onder die regverdige heerskappy van God se Koninkryksregering. Hulle sal kan grootword in ’n wêreld van geregtigheid en vrede wat so pragtig, so veilig, so voorspoedig gaan wees dat Jesus dit heel gepas “die Paradys” noem.—Lukas 23:43.

[Prent op bladsy 9]

In God se nuwe wêreld sal kinders veilig, gesond en gelukkig grootword

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel