Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 7/22 bl. 10-11
  • Help jou kinders om spanning te verwerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help jou kinders om spanning te verwerk
  • Ontwaak!—1993
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Luister
  • Erken gevoelens
  • Toon empatie
  • Stel die regte voorbeeld
  • Voed jou kind van kleins af op
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Leer jou kind om godsvrug aan te kweek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Enkelouers, baie uitdagings
    Ontwaak!—2002
  • Hoe om jou kinders te beskerm
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 7/22 bl. 10-11

Help jou kinders om spanning te verwerk

“Baie kinders vind—fisies of emosioneel—niemand tuis wanneer hulle wil praat nie.”—Depression—What Families Should Know.

DIE gesin is al tereg ’n emosionele laboratorium genoem. Dit is ’n navorsingsentrum waar ’n kind sy opvattings op die proef stel, die resultate waarneem en sekere gevolgtrekkings oor die lewe begin maak. Wat kan ouers doen om te verseker dat hulle kinders sulke belangrike proefnemings in ’n gesonde pleks van gespanne atmosfeer uitvoer?

Luister

Die boek The Child in Crisis moedig ouers aan: “Kommunikeer voortdurend.” Kommunikasie tussen ouer en kind is veral noodsaaklik wanneer die een of ander traumatiese gebeurtenis in die gesin plaasgevind het. Moet nooit aanneem dat die kind hom in iets berus het of hom by iets aangepas het omdat hy stil is nie. Hy krop dalk net die angs op en ly in stilte, soos een sewejarige dogtertjie wat gedurende die ses maande nadat haar ouers uitmekaargegaan het 15 kilogram aangesit het.

Die woord “kommunikeer” toon dat daar twee of meer sprekers is. Die ouer moet dus nie al die praatwerk doen nie. Rick en Sue het raad ingewin toe hulle sesjarige seuntjie hom skielik baie sleg begin gedra het by die huis. Nadat die raadgewer saam met die hele gesin vergader het, het hy iets opgemerk. “Die ouers het baie geïntellektualiseer, met lang en dikwels onnodige verduidelikings”, het hy gesê. “Die ouers was boonop geneig om die gesprek te oorheers, en ek kon sien dat die kinders ongeduldig raak.” Dit is voordelig om ’n kind toe te laat om hom uit te druk. (Vergelyk Job 32:20, NAV.) As hy nie oor sy probleme kan praat wanneer hulle ontstaan nie, sal hy dalk later in sy gedrag daaraan uiting gee.—Vergelyk Spreuke 18:1, NW.

Kommunikasie is belangrik wanneer dissipline nodig is. Hoe voel die kind oor die teregwysing? Verstaan hy waarom dit gegee word? Vind uit wat in die kind se hart is, pleks van net vir hom te sê hoe hy daaroor behoort te voel. Redeneer met hom sodat hy tot die regte slotsom kan kom. “Gee jou kind stof tot nadenke”, skryf Elaine Fantle Shimberg, “maar laat jou kind die dinkwerk doen.”

Erken gevoelens

Party ouers verhinder kommunikasie met uitlatings soos: “Hou op met jou gehuil.” “Jy moenie so voel nie.” “Dis nie regtig so erg nie.” Dit is veel beter om die kind se gevoelens te erken. “Ek kan sien dat iets jou ongelukkig maak.” “Jy lyk werklik ontsteld.” “Ek besef dat jy teleurgesteld moet wees.” Dit sal kommunikasie aanmoedig.

Die boek How to Talk so Kids Will Listen & Listen so Kids Will Talk maak ’n geldige opmerking in hierdie verband: “Hoe meer jy probeer om ’n kind sy ongelukkige gevoelens te laat onderdruk, hoe langer sal dit hom neem om dit te oorkom. Hoe makliker jy die negatiewe gevoelens kan aanvaar, hoe makliker is dit vir kinders om daaroor te kom. Ek reken jy kan seker sê dat jy bereid moet wees om toe te laat dat daar aan heelwat ongelukkigheid uiting gegee word as jy ’n gelukkige gesin wil hê.”—Vergelyk Prediker 7:3.

Toon empatie

“Aangesien die meeste volwassenes ’n kind se wêreld vanuit hulle eie oogpunt beskou”, skryf Mary Susan Miller, “is dit vir hulle moeilik om te begryp dat ’n ander lewe buiten hulle eie ook spanningsvol kan wees.”

Ja, ouers vergeet maklik van die pyn en vrese wat húlle ervaar het terwyl hulle grootgeword het. Daarom geringag hulle dikwels die spanning wat hulle kinders ervaar. Ouers moet onthou hoe moeilik dit was om dinge soos die dood van ’n troeteldier, die dood van ’n vriend sowel as die verhuising na ’n nuwe woonbuurt te verwerk. Hulle moet hulle eie vrese as kind herroep, selfs dié wat ongegrond was. Om te onthou, is ’n sleutel tot empatie.

Stel die regte voorbeeld

Die manier waarop jou kind spanning verwerk, hang grootliks af van hoe jy as ’n ouer spanning verwerk. Probeer jy spanning verminder deur jou toevlug tot geweld te neem? Moet dan nie verbaas wees as jou kind op ’n soortgelyke manier aan sy angs uiting gee nie. Ly jy in stilte wanneer jy diep verontrus is? Hoe kan jy dan vereis dat jou kind openhartig moet wees en jou moet vertrou? Word gespanne gevoelens in julle huishouding só verberg dat hulle ontken pleks van erken en oorkom word? Moet dan nie verbaas wees oor die fisiese en emosionele uitwerking wat dit op jou kind kan hê nie, want enige poging om angs te verberg, sal gewoonlik net die manier vererger waarop dit tot uiting kom.

Om kinders in ’n wêreld vol spanning groot te maak, bied besondere uitdagings aan ouers. ’n Studie van die Bybel het talle al gehelp om hierdie uitdagings die hoof te bied. Dit is wat ons sou verwag, want die Outeur van die Bybel is ook die Insteller van die gesinslewe. “God se wysheid word waar bewys deur die resultate wat dit lewer”, het Jesus Christus gesê (Mattheüs 11:19, The New English Bible). As ouers Bybelbeginsels toepas, sal hulle vind die Skrif “is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid”.—2 Timotheüs 3:16.

[Prent op bladsy 10]

Opbouende kommunikasie verlig spanning

[Prent op bladsy 11]

Die seun stort die melk, sy broer spot met hom, maar sy pa vertroos hom met begrip

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel