Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 7/22 bl. 31
  • Kobras in Sri Lanka hoor klank

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kobras in Sri Lanka hoor klank
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Wil jy graag ’n kobra ontmoet?
    Ontwaak!—1996
  • Algemene mites oor slange
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1993
g93 7/22 bl. 31

Kobras in Sri Lanka hoor klank

‘Soos ’n dowe kobra wat sy oor toestop, wat nie luister na die stem van die besweerders nie.’—Psalm 58:5, 6.

In The New York Times van 10 Januarie 1954 het ’n berig oor Psalm 58:5, 6 onder die titel “Word slange deur musiek ‘betower’?” verskyn: “Dr. David I. Macht, navorsingsfarmakoloog van die Mount Sinai-hospitaal in Baltimore [VSA], is een van die wêreld se voorste gesaghebbendes op die gebied van kobraslanggif. (Kobragif is ’n aanvaarde geneesmiddel, byvoorbeeld teen bloedkwale.) Dr. Macht het gesê dat hy deur sy werk met kobras en hulle gif ’n paar Hindoegeneeshere leer ken het, wat goed opgelei is en uit verskillende dele van Indië kom. Almal het saamgestem dat kobras op sekere musiektone van musiekpype of dwarsfluite reageer. Volgens die geneeshere prikkel party musiekvorme die diere meer as ander. Hy het gesê dat Indiese kinders wat ná sonsondergang in die veld speel selfs gewaarsku word om nie te sing nie omdat hulle geluide dalk kobras sal aanlok. Dr. Macht het gesê dat Shakespeare, wat gereeld na slange as doof verwys het . . . bloot ’n algemene misvatting herhaal het. Daarenteen, het dr. Macht gesê, was die psalmis reg waar hy in Psalm 58, Vers 6, die teenoorgestelde gesê het, naamlik dat slange kan hoor.”

In ’n artikel wat in die Duitse dierkundetydskrif Grzimeks Tier, Sielmanns Tierwelt (Grzimek se dier, Sielmann se dierewêreld), Julie 1981, bladsye 34 en 35, gepubliseer is, vertel die skrywer eweneens van ’n kobra wat in ’n miershoop op sy landgoed in Sri Lanka gewoon het. Hy het ’n slangbesweerder gevra om die wilde slang te vang en dit te laat dans. Die skrywer vertel: “Nadat ek my gas verseker het dat daar werklik ’n kobra in die miershoop is, het hy voor die miershoop gaan sit en op sy fluit begin speel. Ná ’n lang ruk—ek het nie meer gedink dat iets sou gebeur nie—het die kobra sy kop etlike sentimeter uit die gat opgelig. Voordat die slang sy bek kon oopmaak, het die slangbesweerder hom soontoe gehaas en sy kop tussen sy duim en twee vingers vasgegryp.” Daarna het die Indiër die slang inderdaad laat dans.

Daar is dus getuienis dat die kobra werklik “luister na die stem van die besweerders”.—New World Translation of the Holy Scriptures—With References, Appendix 7A, bladsy 1583.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel