Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 9/8 bl. 31
  • “Leer die les van verdraagsaamheid”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Leer die les van verdraagsaamheid”
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Beskerm vryhede—Hoe?
    Ontwaak!—1999
  • Verdraagsaamheid—Van die een uiterste na die ander
    Ontwaak!—1997
  • Verdraagsaamheid
    Ontwaak!—2015
  • Verdraagsaamheid – Hoe die Bybel kan help
    Nog onderwerpe
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 9/8 bl. 31

“Leer die les van verdraagsaamheid”

TERWYL ons die einde van die 20ste eeu nader, kan ons vra of die mensdom oor die algemeen enige lesse uit sy gewelddadige geskiedenis sedert 1914 geleer het? Federico Mayor, direkteur-generaal van UNESCO (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie), was nie te optimisties in ’n artikel wat hy vir The Unesco Courier geskryf het nie. “Die wêreld wat nou te voorskyn kom . . . vul ’n mens nie met heelhartige entoesiasme nie. Godsdienstige fundamentalisme, nasionalisme, rasse- en etniese vooroordeel, anti-semitisme: die winde van vryheid het die kooltjies van haat aangevuur. . . . Die ineenstorting van die ou orde het ruimte gelaat vir alle soorte nuwe ondernemings, waarvan party uiters chaoties is—en geweld floreer in ’n vakuum.”

Waarom floreer geweld? Waarom haat en maak mense ander dood bloot omdat hulle godsdiens of etniese agtergrond verskil? Of ’n mens nou in eertydse Joego-Slawië, in Indië, in Noord-Ierland, in die Verenigde State of enige ander plek ter wêreld is, lyk dit of misleidende opvoeding een van die grondoorsake is. Pleks van wedersydse verdraagsaamheid en respek het mense wantroue en haat by hulle ouers, skole en die samelewing oor die algemeen geleer.

Federico Mayor het voorts gesê: “Kom ons laat vaar daardie twyfelagtige verdraagsaamheid wat ons toelaat om die onverdraagsame te verdra—die armoede, honger en lyding van miljoene mense. As ons dit doen, sal ons die hartlikheid van die sonskyn van medelye en broederskap ondervind.” Dit is edele gedagtes. Maar watter praktiese hulp is daar om die donker gesindheid te verander wat ons sogenaamde verligte wêreld omhul?

Meer as 2500 jaar gelede het Jesaja hierdie woorde van Jehovah neergeskryf: “Al jou kinders sal deur [Jehovah] geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees” (Jesaja 54:13). Aangesien ‘God liefde is’, moet diegene wat waarlik volgens sy beginsels lewe vrede leer, nie oorlog nie; liefde, nie haat nie; verdraagsaamheid, nie onverdraagsaamheid nie.—1 Johannes 4:8.

Wie is voorstanders van hierdie lering wat mense na vrede, liefde en verdraagsaamheid lei? Wie leef in eenheid ongeag hulle nasionaliteit? Wie het Bybelopleiding ontvang wat hulle hele lewensopvatting van haat na liefde laat verander het? Ons stel voor dat jy die leringe en gebruike van Jehovah se Getuies ondersoek om uit te vind waarom hulle waarlik wêreldwye eenheid geniet.—Johannes 13:34, 35; 1 Korinthiërs 13:4-8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel