Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 1/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Is dit verkeerd om te dagdroom?
    Ontwaak!—1993
  • Die grootste mensgemaakte gat ter wêreld
    Ontwaak!—1993
  • ‘Uit die berge sal jy koper delf’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 1/8 bl. 30

Van ons lesers

Egskeiding Pas ná ons tweede huweliksherdenking het my man ’n liefdesverhouding met ’n goeie vriendin van my gehad. Hy het my twee jaar later verlaat. Toe ek dus die buiteblad van die Ontwaak! van 8 Julie 1993 met die titel “Egskeiding—Die sleutel tot ’n gelukkiger lewe?” sien, was ek nie baie geesdriftig daaroor nie. Dit is soms vir my moeilik om materiaal te bestudeer wat oor die gesinslewe handel. Maar ek het dit bemoedigend gevind om te lees dat ‘’n onskuldige huweliksmaat as ’n sterker, lewenskragtiger, heel persoon uit die pynlike ervaring kan kom’. Ek sou nie sê dat ek daardie punt al bereik het nie, maar ek maak vordering. Ek het aan ernstige depressie gely. Maar die oorvloed inligting oor depressie wat julle in ander nommers voorsien het, het die ouere manne in ons gemeente gehelp om my gedurende uiters moeilike tye te onderskraag. Baie dankie vir al die hulp wat julle deur middel van die tydskrifte voorsien.

D. P., Verenigde State

Stiefouers Toe ek julle artikel “Wenke vir stiefouers” (8 Julie 1993) gelees het, móés ek net eenvoudig skryf. Ek is tien jaar oud en bly by my ma. My pa is weer getroud, en ek het dus nou ’n stiefma. Toe ek gelees het oor hoe ander kinders oor hulle stiefouers voel, het ek gedink: ‘Dis presies hoe ek voel!’ Ek is bly een van julle wenke het gewys dat ’n mens teen jaloesie moet waak. Ek beskou my stiefma dikwels as ’n mededinger. My pa laat my soms voel asof hy baie liewer vir my stiefma is as wat hy ooit vir my was. Ek hoop my pa en stiefma sal hierdie wonderlike artikel lees sodat hulle my beter kan verstaan.

V. N., Verenigde State

Kopermynbou Ek lees julle tydskrifte van tyd tot tyd met belangstelling. Maar ek het oor die artikel “Die grootste mensgemaakte gat ter wêreld” (8 Maart 1993) gewonder. Hoe kon julle hierdie kopermyn in so ’n gunstige lig stel? Sê die Bybel dan nie dat God diegene gaan vernietig wat die aarde verderf nie?

H. Y., Engeland

Ons is deeglik bewus van die uitwerking wat dagmynbou op die omgewing het. Maar ons het die artikel oor hierdie kopermyn bloot ter wille van interessantheid geskryf, en nie om die mynbou te bevorder nie. Ons moet billikheidshalwe egter erken dat die elektrisiteitsindustrie—trouens, die publiek oor die algemeen—van koper afhanklik geword het. En die oorgrote meerderheid van die koper wat in die Verenigde State gebruik word, word in dagboumyne ontgin. Dit sou dus onregverdig wees om die koperindustrie alleen te blameer vir die skade wat dit in die omgewing veroorsaak. Hierdie ingewikkelde situasie toon net weer hoe nodig ons God se Koninkryk het om die bestuur van die aarde se aangeleenthede oor te neem.—RED.

Dagdromery Ek is 11 jaar oud en ek wil julle bedank vir die “Jongmense vra . . . ”-artikels oor dagdromery (8 Julie en 22 Julie 1993). Ek het altyd daarvan gedroom om iemand anders te wees, en julle het my laat besef dat ek hard moet probeer om beminlik te wees pleks van daaroor te dagdroom.

J. K., Verenigde State

Ek het in trane uitgebars toe ek hierdie artikels gelees het. Ek het die meeste van die tyd gedagdroom—gewoonlik oor hoe beroemd ek gaan wees of oor seuns of seks. Dit het selfs by Christelike vergaderinge gebeur. Dagdromery het my lewe begin oorheers. Ek het van my gesin en vriende af weggebly en my in my kamer afgesonder. Ek was ongelukkig en skaam daaroor. Ek het julle raad nou ter harte geneem en dit begin toepas. Hierdie gedagtes keer soms terug, maar ek dink dan aan ander dinge of bestee tyd aan een van my stokperdjies en dan verdwyn hierdie gedagtes. Baie dankie.

T. P., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel