Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 8/22 bl. 3-4
  • Terug skool toe—Waarom?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Terug skool toe—Waarom?
  • Ontwaak!—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom die probleem?
  • Aanvullende opleiding of nie?
    Ontwaak!—1994
  • Opvoeding met ’n doel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Ouers—Watter toekoms wil julle vir julle kinders hê?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Is die Bybel teen geleerdheid gekant?
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 8/22 bl. 3-4

Terug skool toe—Waarom?

ROBERT se soektog na werk was ’n frustrasie wat drie lange jare geduur het. Uiteindelik is hy, op 21-jarige ouderdom, as ’n vakansiekamp-voorligter aangestel. Hoewel Robert nou ietwat verlig is, het die vermoeiende werksoekery hom afgemat. “Ons ouers verstaan eenvoudig nie”, sê hy. “Dis deesdae baie moeiliker om werk te kry.”

Soos Robert, betree tallose jongmense wat pas die skool verlaat het elke jaar die arbeidsmark. Hulle koester verwagtinge. Hulle het planne. Maar al hoe meer kom agter dat hulle nie die soort werk kan kry wat hulle wou gehad het nie.

Talle leer dus verder.a “As die sewentigerjare ’n negatiewe boodskap oor die voordele van geleerdheid uitgestuur het”, sê die tydskrif Fortune, “het die tagtigerjare mense met ’n ander leuse oor die kop geslaan: Kry ’n graad of jy sit met probleme.”

Waarom die probleem?

Waarom is aanvullende opleiding dikwels nodig? Eerstens vereis baie beroepe vandag ’n hoër vaardigheidsvlak. “Die tellermasjien het weggedoen met die bankkassier wat net deposito’s geneem het”, sê ’n verteenwoordiger van die Amerikaanse Arbeidsdepartement. “Nou moet [die kassier] my adviseer oor drie soorte geldmarkdeposito’s en vir my verduidelik waarom ek liewer die een as die ander moet kies.” William D. Ford, voorsitter van die Onderwys- en Arbeidskomitee in die Raad van verteenwoordigers, sê: “Eenvoudige werk is iets van die verlede.”

Tweedens meen sommige dat skole nie aan leerlinge voldoende opleiding voorsien nie. Hulle sê dat kwessies soos dwelmmisbruik, vigs en geboortebeperking meer aandag geniet as onderrigting in lees, skryf en rekenkunde. Dr. Robert Appleton, wat al 27 jaar lank skoolhou, betreur die feit dat die skoolstelsel blykbaar ’n “instelling vir maatskaplike diens” geword het met die verantwoordelikheid om “probleme die hoof te bied wat voorheen nie as deel van die skool beskou is nie”.

Omdat skole leerlinge nie die nodige vaardighede leer nie, kan baie skoolverlaters nie hulleself onderhou nie. “Hulle is nie geleer om te werk nie”, sê Joseph W. Schroeder, takbestuurder van Florida se Arbeidsburo. “Die probleem in verband met jongmense waaroor werkgewers voortdurend met my gesels, is dat hulle nie baie goed kan lees of skryf nie. Hulle kan nie ’n aansoekvorm vir werk invul nie.”

’n Derde rede waarom aanvullende opleiding dalk nodig is, is dat daar in talle lande te veel gegradueerdes is wat die arbeidsmark oorstroom. “Die aantal gegradueerdes oortref die vraag na hulle vaardighede”, sê The New York Times. “Met hierdie ooraanbod”, voeg die verslag by, “is werkgewers huiwerig om met skoolverlaters ’n kans te waag.”

Om vir die soort werk te kwalifiseer wat hulle nodig het om hulleself te onderhou, besluit baie om verder te studeer. In die Verenigde State sit 59 persent hulle opleiding ná hoërskool voort. Dit verteenwoordig ’n aansienlike toename in die getal wat dekades lank op die 50-persent-merk gestaan het.

Soortgelyke neigings word ook in ander lande opgemerk. Sedert die sestigerjare het Brittanje byvoorbeeld ’n aansienlike toename ondervind in die getal leerlinge wat verder as die vereiste vlak studeer. In ’n onlangse jaar het 85 persent van diegene wat hulle hoërskoolloopbaan in Australië voltooi het vir verskeie universiteite en kolleges aansoek gedoen. Ongeveer 95 persent van Japan se leerlinge skryf eksamen sodat hulle ’n verdere drie jaar opleiding kan ontvang, waar hulle vir ’n werk of vir universiteit voorberei word.

Aanvullende opleiding bied egter nie altyd die voordele wat verlang word nie. Wat is die voor- en nadele daaraan verbonde?

[Voetnoot]

a Die benaming van vlakke van skoolopleiding verskil van land tot land. In hierdie artikels sluit “hoërskool” die volle omvang van verpligte onderwys in. “Kollege”, “universiteit”, “tegnikon” en “vakskool” dui op vorme van aanvullende opleiding wat nie deur die wet vereis word nie, maar uit eie keuse gevolg kan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel