Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 10/22 bl. 31
  • ’n Warmwaterrob?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Warmwaterrob?
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Mediterreense monnikrobbe—Sal hulle bly voortbestaan?
    Ontwaak!—2001
  • Die Middellandse See—’n ingeslote see met oop wonde
    Ontwaak!—1999
  • Antieke seëls – Wat was dit?
    Nog onderwerpe
  • Sneeubabas van die Magdalena-eilande
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 10/22 bl. 31

’n Warmwaterrob?

ROBBE word dikwels in die ysige, wit uitgestrektheid van Arktiese of Antarktiese waters uitgebeeld. Maar het jy geweet dat party robbe in ’n gematigde klimaat kan floreer en op die sand van verlate strande lê en bak?

Ontmoet die Mediterreense monnikrob. Hierdie warmwaterrob het kort, dik hare wat vol donker kolle is met ’n witterige maag en bors en is tot 3,5 meter lank. Hierdie kenmerkende kleure, wat soortgelyk aan die kleredrag van party kloosterordes is, verklaar miskien waar hy sy naam gekry het.

Verskeie dele in die Bybel praat van ’n vel wat taʹchasj (in Hebreeus) genoem word, wat die tabernakel en die voorwerpe in die heiligdom bedek het (Exodus 25:5; 26:14; Numeri 4:8). Sommige deskundiges doen aan die hand dat taʹchasj na robvel verwys. Kan dit miskien die vel van die Mediterreense monnikrob wees? Die feit dat hierdie dier destyds in die Mediterreense waters voorgekom het, maak hiervan ’n geldige veronderstelling.

Eertydse volksoorlewering het buitengewone kragte aan die monnikrob toegeskryf. Party het geglo dat sy vel weerligstrale kon afweer en kon voorkom dat hael op landerye val. Die hare van die robvel het glo die begin of naderende einde van ’n donderstorm aangedui deur orent te staan of plat te lê.

As gevolg van sy vermeende kragte het genadelose jagters die monnikrob byna tot uitwissing gedryf. Maar in onlangse tye is hulle in die oos-sentrale dele van die see rondom Sardinië gesien. Wanneer vrede tussen mens en dier in God se nuwe wêreld herstel is, sal die Mediterreense monnikrob ongetwyfeld weer rustige en vreedsame strande bewoon, waar hulle in die son sal kan bak sonder om deur selfsugtige mense bedreig te word.—Jesaja 11:6-9.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Panos Dendrinos/HSSPMS

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel