Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 12/8 bl. 31
  • “Waarom ek nie Kersfees vier nie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Waarom ek nie Kersfees vier nie”
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom vier Jehovah se Getuies nie Kersfees nie?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Moet jy Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat het geword van die tradisionele Kersfees?
    Ontwaak!—1993
  • Kersfees—Waarom so gewild in Japan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 12/8 bl. 31

“Waarom ek nie Kersfees vier nie”

PARTY sê dat kinders van Jehovah se Getuies iets mis omdat hulle nie Kersfees vier nie. Maar kyk ’n bietjie na die opstel “Waarom ek nie Kersfees vier nie” wat ’n 11-jarige Getuie in Kalifornië, VSA, as ’n klastaak geskryf het:

“Vir baie mense beteken Kersfees baie dinge—geskenke, familie, geskenke, kos, geskenke, mededeelsaamheid, geskenke, liefde, geskenke, Sinterklaas, geskenke, ens. Maar deesdae dink mense selde aan wat Kersfees beteken of waarom hulle dit vier. As hulle wel daaraan dink, dink hulle gewoonlik aan Kersfees as Jesus Christus se geboortedag, ’n tyd vir familie en natuurlik vir baie geskenke. Die meeste mense voel jammer vir Jehovah se Getuies omdat hulle dink dat hulle kinders iets mis. Maar mis ons werklik iets? Kom ons kyk waarom Jehovah se Getuies nie hierdie feesdag vier nie.

“As een van Jehovah se Getuies het ek baie redes waarom ek nie Kersfees vier nie. Om maar een ding te noem, dit is nie Jesus se geboortedag nie. Die Bybel sê dat daar herders met hulle skape in die veld was. In Jerusalem is dit baie koud in die winter, en dit sneeu dikwels. Dit is baie onwaarskynlik dat die herders gedurende hierdie maande buite sou woon. . . . Maar dit is nie al nie.

“Behalwe dat Kersfees nie Jesus se geboortedag is nie, is dit ook nooit deur eerste-eeuse Christene gevier nie. Dit het sy oorsprong in die ou Romeinse fees Saturnalieë, wat op 17 Des. begin en op 25 Des., die ‘geboortedag van die onoorwonne son’, geëindig het. In die vierde eeu het die een of ander Romeinse amptenaar besluit om Jesus se geboortedag op 25 Des. te vier, moontlik om hulle heidense fees te heilig.

“Dit is nie verbasend dat Kersfees in baie lande verbode was nie. Vandag het party mense (soos Jehovah se Getuies) hulle voorbeeld gevolg. . . .

“Ek het voorheen Kersfees gevier—tot ek vier jaar oud was. . . . Jehovah se Getuies mis beslis niks. Ons kry die hele jaar deur geskenke. Die enigste dinge wat ons mis, is hierdie heidense vakansiedae en hulle vieringe wat net so heidens is.”

Hoewel die onderwyseres op haar werk geskryf het: “Nie almal wil net geskenke hê nie”, het sy ook geskryf: “Knap gedaan”, en haar ’n “A” gegee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel