Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 8/8 bl. 3
  • ’n Boek skud die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Boek skud die wêreld
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Meningsverskille oor evolusie—Waarom?
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Gevolge van die evolusieteorie
    Ontwaak!—1995
  • Staan die waarheid voor in ’n goddelose wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Evolusie staan tereg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 8/8 bl. 3

’n Boek skud die wêreld

Die boek: The Origin of Species. “Naas die Bybel”, het die antropoloog Ashley Montagu gesê, “was geen werk heeltemal so invloedryk nie.”

Die skrywer: Charles Darwin, wat party destyds “die gevaarlikste man in Engeland” genoem het.

Die onderwerp: Die evolusieteorie. Woorde en frases soos “natuurlike teeltkeuse”, “oorlewing van die geskikste” en “evolusie” is nou goed gevestig. Maar het die teorie meer as net jou taal geraak?

TOE dit in 1859 vrygestel is, het The Origin of Species, deur Charles Darwin, ’n hewige debat in wetenskaplike en godsdienskringe aan die gang gesit.a Die debat het na ekonomiese en sosiale sfere uitgebrei en duur selfs vandag, sowat 136 jaar later, voort.

In A Story Outline of Evolution het C. W. Grimes aangaande Darwin se Origin of Species geskryf: “Geen ander boek wat ooit gedruk is, het soveel argumente onder denkende mense veroorsaak nie. Geen ander onderwerp in menseheugenis het tradisionele opvattings so in twyfel getrek, die Natuurwêreld so gerevolusioneer en die denke van die mens so gevorm en laat kristalliseer soos Evolusie nie.”

Die evolusieteorie het weliswaar nie sy oorsprong by Darwin gehad nie; die begrip kan tot antieke Griekeland teruggevoer word. Daar was ook verskeie 18de-eeuse voorlopers van Darwin wat die weg vir die algemene aanvaarding van The Origin of Species gebaan het.

Dit was egter Darwin se boek wat die grondslag van moderne evolusiedenke geword het. Dit het die wêreld geskud, trouens geskok, want sy evolusieteorie het meer as net ’n revolusie in biologie aan die gang gesit. Dit het soos ’n storm geruk aan die fondamente van die samelewing—godsdiens, politiek, ekonomie, maatskaplike lewe, geskiedenis en die siening van die toekoms.

Watter uitwerking het die teorie nou al meer as ’n eeu lank op die wêreld? Watter uitwerking het dit op jou lewe gehad? Presies wat het dit opgelewer? Die volgende artikels sal hierdie vrae ondersoek.

[Voetnoot]

a Die volledige titel van Darwin se boek is On the Origin of Species by Means of Natural Selection, or the Preservation of Favoured Races in the Struggle for Life.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel