Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 8/8 bl. 31
  • “’n Gelykegeleentheidstragedie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Gelykegeleentheidstragedie”
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Miljoene lewens gaan in rook op
    Ontwaak!—1995
  • Sigarette—Wys jy dit van die hand?
    Ontwaak!—1996
  • Is rook werklik so sleg?
    Ontwaak!—1991
  • “Jy kan ophou—Ons het!”
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 8/8 bl. 31

“’n Gelykegeleentheidstragedie”

“DIE boodskap dring eenvoudig nie tot tienermeisies deur nie”, berig The Toronto Star. Watter boodskap? Dat rook ’n dodelike gewoonte is. ’n Studie wat in 1991 gedoen is, het aan die lig gebring dat 25 persent van Kanadese meisies tussen die ouderdomme van 15 en 19 rokers is, teenoor 19 persent van die seuns in dieselfde ouderdomsgroep. Selfs onder volwassenes oortref die getal vroulike rokers hulle manlike eweknieë. “Tabakgebruik onder vroue het ’n gelykegeleentheidstragedie geword”, het Geneeshere vir ’n Rooklose Kanada gesê.

Waarom begin tienermeisies rook? Nuuskierigheid, portuurdwang en rebelsheid speel ’n rol. Die reklamebedryf, wat vroulike rokers as slank uitbeeld, moet egter nie oor die hoof gesien word nie. Ja, baie rook om te probeer voorkom dat hulle hulle ooreet en is bang dat hulle gewig sal aansit as hulle ophou. Dit is tragies dat hierdie vroue dalk meer besorg is oor die gevaar om gewig aan te sit as oor die gevaar van kanker. Robert Coambs, ’n assistentprofessor aan die Universiteit van Toronto, het hulle gesindheid opgesom: “Longkanker tref jou eers oor 20 jaar. Gewigstoename raak jou nou.”

Die tabakbedryf spits dit ook op vroue toe deur sigaretrook aan onafhanklikheid te koppel. Maar, Jean Kilbourne, ’n voormalige adviseur van twee Amerikaanse geneeshere-generaal, het wyslik gesê: “’n Mens kan sigaretrook slegs as bevrydend beskou indien jy die dood as die hoogste vorm van vryheid beskou.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel