Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 2/22 bl. 15
  • “As ek ’n oomblik in die geskiedenis kon verander”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “As ek ’n oomblik in die geskiedenis kon verander”
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus red—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Waarom sterf mense?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Hoekom gebeur slegte dinge, en hoekom kry mense swaar?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Hoekom oorlog en gewelddadige konflik aanhou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 2/22 bl. 15

“As ek ’n oomblik in die geskiedenis kon verander”

LEERLINGE in ’n skool in Kalifornië, VSA, moes ’n opstel met die bogenoemde tema skryf. Een van die finaliste in die opstelkompetisie was Eric, ’n 11-jarige seun uit ’n gesin wat Jehovah se Getuies is. Hy het die volgende Bybelgebaseerde opstel self geskryf.

“Die Tweede Wêreldoorlog was ’n dodelike oorlog. Baie onskuldige mense het gesterf. Maar die oomblik wat ek gekies het, sal maak dat hierdie oorlog glad nie in die geskiedenisboeke bestaan het nie. Dink aan die sluipmoord op John F. Kennedy. Hierdie man het ’n aaklige dood gesterf, maar die oomblik wat ek gekies het, sal maak dat ook dit nie in die geskiedenisboeke bestaan het nie. Martin Luther King jr. het in 1968 gesterf omdat hy probeer het om die denkwyse van die wêreld te verander, maar die oomblik wat ek gekies het, is ook voor hierdie tyd. As ek hierdie oomblik in die geskiedenis kon verander, sou die wêreld anders wees, alles soos ons dit ken, sou anders wees en alle dinge, en dit sluit tye en mense in, sou anders wees. Op hierdie oomblik is die verloop van die geskiedenis verander om die wêreld te maak soos ons dit vandag ken—dodelik, gewelddadig, siek en goddeloos.

“Wel, wonder jy miskien: ‘Is hierdie oomblik ’n siekte? Is hierdie oomblik ’n regering? Of is hierdie oomblik ’n oorlog?’ Vra jou af: ‘As dit ’n siekte is, hoe sal dit verhoed dat mense se dade goddeloos is?’ ‘Dit kan nie’, sal jy sê. Dan dink jy: ‘Dit moet ’n regering wees wat al ons probleme sal oplos.’ Maar ’n regering word deur mense beheer, en alle mense is onvolmaak en sterf. Sal hulle goeie werke dan nie saam met hulle sterf nie? Dan sê jy: ‘Dit moet ’n oorlog soos die Tweede Wêreldoorlog wees.’ Nee! Dit kan nie dít wees nie, want in ’n oorlog wen die een kant en gevolglik verloor die ander kant. Nie een van hierdie dinge wat genoem is, sal ’n permanente einde bring aan die dood, geweld, siekte en goddeloosheid nie. Jy wonder miskien wat hierdie oomblik in die geskiedenis is wat ek sou verander.

“Sonde. Die dood. Sonde en die dood is wat ek sou verander. Maar hoe? Ons het nog altyd sonde en die dood gehad. Sonde en die dood is deel van ons daaglikse lewe. Hoe kan ’n mens dan iets verander wat nog altyd daar was? Jy sal dit moet keer op die oomblik wat dit begin het. Die opstand van Adam en Eva teen God se regering het veroorsaak dat dinge is soos dit vandag is. Die betrokke persone het verkies om dinge op hulle manier te doen, en daarom het ons sonde en die dood.

“Die presiese oomblik wat dus verander sal moet word, is toe Satan die Duiwel die eerste leuen teen daardie volmaakte regering vertel het. As gevolg van hierdie leuen ly ons almal weens dit wat ons eerste ouers, Adam en Eva, gedoen het. Hulle het teen die enigste ware Regeringsleier, God, gesondig.”

Op Saterdag, 12 Augustus 1995, het Eric sy opstel by ’n spesiale byeenkomsdag van Jehovah se Getuies in Norco, Kalifornië, voorgelees. Die gehoor was verheug om te hoor van ’n jeugdige wat ’n geleentheid by die skool benut het om ’n gedagteprikkelende getuienis te gee oor die oorsaak van menselyding. Hoe wonderlik sal dit tog wees wanneer Jehovah God “die oorspronklike slang” vernietig en al die lyding wegneem waarvoor die Duiwel verantwoordelik is!—Openbaring 12:9; 21:3, 4; Genesis 3:1-6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel