Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp25 nr. 1 bl. 9
  • Hoekom oorlog en gewelddadige konflik aanhou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoekom oorlog en gewelddadige konflik aanhou
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SONDE
  • MENSEREGERINGS
  • SATAN EN SY DEMONE
  • Hoe oorlog en gewelddadige konflik sal eindig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
  • Wat het God vir die mens in gedagte?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat was die eerste sonde?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Hoe oorlog en gewelddadige konflik ons almal raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2025
wp25 nr. 1 bl. 9

Hoekom oorlog en gewelddadige konflik aanhou

Die Bybel wys wat die hoofoorsake van oorlog en gewelddadige konflik is en hoekom hierdie tragiese gebeure aanhou.

SONDE

God het ons eerste ouers, Adam en Eva, na sy beeld geskep (Genesis 1:27). Dit het beteken dat hulle van nature God se eienskappe, insluitende vrede en liefde, sou weerspieël (1 Korintiërs 14:33; 1 Johannes 4:8). Maar Adam en Eva was ongehoorsaam aan God en het gesondig. As gevolg hiervan het almal van ons sonde en die dood geërf (Romeine 5:12). Ons almal is geneig tot gewelddadige gedagtes en dade as gevolg van sonde wat ons oorgeërf het. – Genesis 6:5; Markus 7:​21, 22.

MENSEREGERINGS

God het ons nie geskep om oor onsself te regeer nie. Die Bybel sê: “Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie” (Jeremia 10:23). Daarom kan menseregerings nie heeltemal oorlog en geweld verwyder nie.

SATAN EN SY DEMONE

Die Bybel sê dat “die hele wêreld . . . in die mag van die Duiwel [is].” (1 Johannes 5:19). Satan die Duiwel is ’n bose moordenaar (Johannes 8:44). Hy en ander bose geesskepsele is die onsigbare opstokers van oorlog en geweld. – Openbaring 12:​9, 12.

Ons kan nie die hoofoorsake van oorlog en geweld verwyder nie, maar God kan.

Godsdiens en oorlog

Godsdienste keur dikwels oorlog goed, regverdig dit of bevorder dit. Hierdie godsdienste is deel van die valse godsdiensorganisasies wat gesamentlik “Babilon die Grote” genoem word (Openbaring 18:2). God hou Babilon die Grote verantwoordelik vir die dood “van almal wat op die aarde doodgemaak is” (Openbaring 18:24). Om meer uit te vind, lees die artikel “Wat is Babilon die Grote?” op jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel