Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 4/8 bl. 26-27
  • Kan ware Christene Goddelike beskerming verwag?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan ware Christene Goddelike beskerming verwag?
  • Ontwaak!—1996
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die doel van Goddelike beskerming
  • Gebruik in die uitvoering van God se voorneme
  • Is God gevoelloos?
  • Beskermingskrag – “God is ons skuilplek”
    Kom nader aan Jehovah
  • Moet Christene goddelike beskerming verwag?
    Ontwaak!—2002
  • Jehovah—die God met voornemens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • “Ongeleerde en gewone mense”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 4/8 bl. 26-27

Die Bybelse beskouing

Kan ware Christene Goddelike beskerming verwag?

TEN einde noodlenigingsvoorrade na mede-aanbidders te neem, het Christene, ná ’n gebed, in konvooi deur ’n oorlogsgeteisterde gebied gereis waar hulle bes moontlik hulle lewe kon verloor. Hulle het egter lewend anderkant uitgekom, tot groot verbasing van die strydende leërs. Het God se engel hulle beskerm?

’n Christenegpaar wat baie jare lank bedienaars was, het gesterf toe ’n vliegtuig neergestort het waar hulle evangelisasiewerk van huis tot huis gedoen het. Waarom het God se engel hulle of die vliegtuig nie op daardie besondere oomblik elders gerig nie?—Vergelyk Handelinge 8:26.

Wanneer ons hierdie gebeure vergelyk, vra ons dalk: Waarom sterf party Christene hoewel hulle God se wil doen, terwyl ander, dikwels in baie gevaarlike omstandighede, behoue bly? Kan Christene Goddelike beskerming verwag, veral in hierdie kritieke “laaste dae”?—2 Timoteus 3:1.

Die doel van Goddelike beskerming

Jehovah God het beloof om sy volk te seën en te beskerm (Exodus 19:3-6; Jesaja 54:17). Hy het dit in die besonder in die eerste eeu gedoen, toe die Christengemeente nog jonk was. Allerlei wonderwerke was aan die orde van die dag. Jesus het voedsel vermeerder om duisende te voed; hy en sy volgelinge het allerhande siektes en gebreke genees, bomenslike geeste uit die demoonbesetenes gedryf en selfs dooies opgewek. Die jong gemeente het onder Goddelike leiding gegroei en is stewig gevestig. Tog het talle getroue Christene, ondanks God se duidelike ondersteuning, ’n so genoemde ontydige dood gesterf.—Vergelyk Psalm 90:10.

Beskou die geval van Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Hulle is as apostels gekies en was tesame met Petrus van Christus se intiemste vriende.a Maar Jakobus het in die jaar 44 G.J. ’n marteldood gesterf, terwyl sy broer Johannes tot die einde van die eerste eeu geleef het. Albei het uiteraard God se wil gedoen. Waarom is daar toegelaat dat Jakobus sterf, terwyl Johannes bly leef het?

Die almagtige God het sekerlik die vermoë gehad om Jakobus se lewe te spaar. Trouens, kort ná Jakobus se marteldood het Jehovah se engel Petrus van die dood gered. Waarom het die engel Jakobus nie gered nie?—Handelinge 12:1-11.

Gebruik in die uitvoering van God se voorneme

Om te verstaan waarom Goddelike beskerming gegee word, moet ons besef dat dit nie gegee word bloot om mense in staat te stel om langer te lewe nie, maar om iets veel belangrikers te beskerm, naamlik die uitvoering van God se voorneme. Byvoorbeeld, die voortbestaan van die Christengemeente in sy geheel word gewaarborg omdat dit ten nouste saamhang met die vervulling van daardie voorneme. Maar Christus het sy dissipels duidelik meegedeel dat hulle as individue voor die dood te staan kon kom weens hulle geloof. Nadat hy dit gesê het, het Jesus nie wonderbaarlike verlossing beklemtoon nie, maar ‘volharding tot die einde toe’ (Matteus 24:9, 13). Die feit dat sommige mense beskerm is en ander nie, toon nie dat God partydig is nie. God het bloot die persoon gebruik wat in die beste posisie was om sy voorneme uit te voer, wat op die lange duur die hele mensdom tot voordeel sal strek.

Aangesien ’n ontydige dood in God se diens ’n wesenlike moontlikheid is, behoort Christene dieselfde gebalanseerde gesindheid te hê as die drie getroue Hebreërs wat tot die dood veroordeel is omdat hulle God aanbid het. Hulle het vir die koning van Babel gesê: “As dit moet, kan ons God wat ons dien ons verlos. Uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, sal hy ons verlos. Maar so nie, laat dit aan u bekend word, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie, en die goue beeld wat u opgerig het, sal ons nie aanbid nie.”—Daniël 3:17, 18, NW.

Jehovah het Petrus en Johannes se lewe bewaar weens hulle sleutelrol in die uitvoering van sy voorneme. Petrus is gebruik om die gemeente te “versterk” deur herderswerk te doen, wat die skryf van twee geïnspireerde Bybelboeke ingesluit het (Lukas 22:32). Johannes het vyf Bybelboeke geskryf en was ’n ‘pilaar’ in die vroeë gemeente.—Galasiërs 2:9; Johannes 21:15-23.

Hoe Jehovah bepaal presies wanneer en hoe hy in die lewe van sy knegte sal ingryp, is onmoontlik om te voorspel. Al wat met sekerheid gesê kan word, is dat Christus beloof het om “al die dae tot aan die voleinding van die stelsel van dinge” met sy volgelinge te wees (Matteus 28:20). Hy sal in die besonder ‘met ons’ wees deur middel van die engele wat die predikingswerk rig (Matteus 13:36-43; Openbaring 14:6). Buiten hierdie algemene aanduidings kan ons nie voorsien presies hoe Goddelike hulp geopenbaar sal word of wie dalk Goddelike beskerming sal ontvang nie. Gestel ’n Christen meen dat hy al God se beskerming en leiding geniet het? Aangesien dit nie met sekerheid bewys of weerlê kan word nie, moet niemand die opregte bewerings van so iemand veroordeel nie.

Is God gevoelloos?

Toon die feit dat God die dood van Christene toelaat dat hy op die een of ander manier gevoelloos is? Glad nie (Prediker 9:11). Dit is Jehovah se voorneme om ons lewe nie net ’n paar jaar of selfs dekades lank te bewaar nie, maar tot in ewigheid. Vanuit sy verhewe posisie rig hy gebeure vir die ewige welsyn van elke persoon wat hom liefhet of tot hom nader. (Vergelyk Matteus 18:14.) Die vervulling van sy voorneme sal die algehele verwydering beteken van enige lyding wat ons in hierdie stelsel van dinge ondergaan het—selfs die dood. God se handelinge is so ingewikkeld en volmaak dat die apostel Paulus beweeg is om uit te roep: “O die diepte van God se rykdom en wysheid en kennis! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en hoe onnaspeurlik sy weë!”—Romeine 11:33.

Aangesien niks ons van God se liefde kan skei nie, is die vraag wat elke Christen moet vra nie ‘Sal ek Goddelike beskerming geniet?’ nie, maar ‘Het ek Jehovah se seën?’ As ons dit het, sal hy ons die ewige lewe gee—ongeag wat met ons in hierdie stelsel van dinge gebeur. Vergeleke met volmaakte lewe tot in ewigheid sal enige lyding in hierdie stelsel—selfs die dood—“kortstondig en lig” lyk.—2 Korintiërs 4:17.

[Voetnoot]

a Petrus, Jakobus en Johannes het Jesus se gedaanteverandering (Markus 9:2) en die opstanding van Jaïrus se dogtertjie (Markus 5:22-24, 35-42) aanskou; hulle was gedurende Jesus se persoonlike beproewing daar naby in die tuin van Getsemane (Markus 14:32-42); en tesame met Andreas het hulle Jesus uitgevra oor Jerusalem se vernietiging, sy toekomstige teenwoordigheid en die voleinding van die stelsel van dinge.—Matteus 24:3; Markus 13:1-3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel