Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 6/8 bl. 3-5
  • ’n Wêreld sonder voertuie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wêreld sonder voertuie?
  • Ontwaak!—1996
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wêreldwye verkeersknoop
  • Die bedreiging van besoedeling
  • Op soek na aanvaarbare oplossings
    Ontwaak!—1996
  • Wat doen die mens aan die aarde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Koolstofmonoksied—die stille doder
    Ontwaak!—2000
  • Chaotiese weer
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 6/8 bl. 3-5

’n Wêreld sonder voertuie?

KAN jy jou ’n wêreld sonder motorvoertuie voorstel? Of kan jy ’n uitvinding noem wat gedurende die afgelope eeu die lewenstyle en gedrag van mense in wese so verander het soos hulle? Sonder voertuie sou daar geen motelle, geen padkafees en geen inrybioskope gewees het nie. Nog belangriker, hoe sou jy sonder busse, taxi’s, karre of vragmotors by die werk? by die skool gekom het? Hoe sou boere en vervaardigers hulle produkte by die mark gekry het?

“Een uit elke ses Amerikaanse besighede is afhanklik van die vervaardiging, verspreiding, versiening of gebruik van motorvoertuie”, sê The New Encyclopædia Britannica, en dit voeg by: “Die verkope en inkomste van motormaatskappye verteenwoordig meer as een vyfde van die land se groothandel en meer as ’n kwart van die kleinhandel. Vir ander lande is hierdie verhouding ietwat kleiner, maar Japan en die Wes-Europese lande is vinnig besig om dieselfde vlak as Amerika te bereik.”

Party mense sê nietemin dat ’n wêreld sonder motorvoertuie ’n beter plek sal wees. Hulle sê dit hoofsaaklik om twee redes.

Wêreldwye verkeersknoop

As jy al ooit eindeloos rondgery het om ’n parkeerplek te soek, hoef niemand jou te vertel dat, hoewel motors ’n goeie ding is, te veel in ’n beknopte gebied nie goed is nie. Of as jy al ooit in ’n verskriklike verkeersknoop vasgevang was, weet jy hoe frustrerend dit is om vasgekeer te wees in ’n voertuig wat ontwerp is om te beweeg maar wat tot stilstand gedwing is.

In 1950 was die Verenigde State die enigste land wat 1 motor vir elke 4 mense gehad het. Teen 1974 het België, Duitsland, Frankryk, Groot-Brittanje, Italië, Nederland en Swede die VSA ingehaal. Maar teen daardie tyd het Amerika se syfer tot amper 1 motor vir elke 2 mense gestyg. Duitsland en Luxemburg het nou ongeveer 1 motorvoertuig vir elke 2 inwoners. België, Frankryk, Groot-Brittanje, Italië en Nederland is nie ver agter nie.

Die meeste groot stede—ongeag waar hulle in die wêreld is—is besig om in reuseparkeerterreine te ontaard. Indië het byvoorbeeld in 1947 met sy onafhanklikheidswording 11 000 motors en vragmotors in die hoofstad, New Delhi, gehad. Teen 1993 het die syfer 2200-000 oorskry! ’n Astronomiese vermeerdering—maar “’n syfer wat na verwagting teen die einde van die eeu sal verdubbel”, volgens die tydskrif Time.

Intussen is daar in Oos-Europa, wat slegs ’n kwart soveel motors per capita as Wes-Europa het, ongeveer 400 miljoen moontlike kopers. Binne ’n paar jaar sal die situasie in China, wat tot nou toe vir sy 400 miljoen fietse bekend was, anders wees. Soos daar in 1994 berig is, “beplan die regering om motorvervaardiging te bespoedig”, van 1,3 miljoen motors jaarliks tot 3 miljoen teen die einde van die eeu.

Die bedreiging van besoedeling

“Brittanje het nie meer vars lug nie”, het The Daily Telegraph van 28 Oktober 1994 gesê. Dit is miskien oordryf, maar nietemin waar genoeg om kommer te wek. Professor Stuart Penkett, van die Universiteit van East Anglia, het gewaarsku: “Motorkarre is besig om die chemiese samestelling van ons natuurlike atmosfeer te verander.”

’n Hoë konsentrasie koolstofmonoksiedbesoedeling, sê die boek 5000 Days to Save the Planet, “ontneem die liggaam suurstof, verswak waarnemingsvermoë en denkvermoë, vertraag reflekse en veroorsaak lomerigheid”. En die Wêreldgesondheidsorganisasie sê: “Ongeveer die helfte van alle stadsbewoners in Europa en Noord-Amerika word aan onaanvaarbaar hoë vlakke koolstofmonoksied blootgestel.”

Daar word geskat dat motoruitlaatgasse in sommige plekke elke jaar baie mense doodmaak—bo en behalwe die miljarde rande se skade wat aan die omgewing veroorsaak word. In Julie 1995 het ’n televisienuusverslag gesê dat ongeveer 11 000 Britte jaarliks sterf as gevolg van lug wat deur motors besoedel is.

In 1995 is die Verenigde Nasies se Klimaatkonferensie in Berlyn gehou. Verteenwoordigers van 116 lande het saamgestem dat iets gedoen moet word. Maar tot die teleurstelling van baie is die taak uitgestel om spesifieke doelwitte te stel en besliste reëls neer te lê of om definitiewe programme uit te werk.

Met die oog op wat die boek 5000 Days to Save the Planet reeds in 1990 gesê het, was hierdie vertraging moontlik iets wat mense kon verwag. “Die aard van politieke en ekonomiese mag in die hedendaagse nywerheidsgemeenskap”, het dit gesê, “bepaal dat maatreëls om die vernietiging van die omgewing te bestry slegs aanvaarbaar is as dit nie met die werking van die ekonomie inmeng nie.”

Daarom het Time onlangs gewaarsku teen “die moontlikheid dat die ophoping van koolstofdioksied en ander kweekhuisgasse in die atmosfeer die aarde geleidelik sal warm maak. Die resultaat, volgens baie wetenskaplikes, kan droogtes, smeltende yskappe, stygende seevlakke, kusvloede, hewiger storms en ander klimaatsrampe wees.”

Die erns van die besoedelingsprobleem vereis dat iets gedoen word. Maar wat?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel